AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9659,8
16,80
CORN
06 Jun
-
4607
-20,00
SOYA
06 Jun
-
8170
-37,00
SUNS
06 Jun
-
8554,8
208,80
WEAT
06 Jun
-
6635
64,00
WMAZ
06 Jun
-
3728,8
-5,20
YMAZ
06 Jun
-
3832
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

'Radio'-fiskaal mors nie met water

Dié unieke, elektroniese waterfiskaal bespaar nie net tyd en reiskoste nie, maar ook die vermorsing van water.

Moeg gejaag oor grondpaadjies na die sluishek om te verseker dat net die regte hoeveelheid water in die besproeiingskanaal vrygelaat word, het 'n jong boer 'n vernuftige plan laat bedink. Sy unieke, elektroniese waterfiskaal bespaar nie net tyd en reiskoste nie, maar ook die vermorsing van water.

Met die eerste oogopslag lyk mnr. Robert Southey (29) van Lucerndale Farm van Middelburg, in die Oos-Kaap, na 'n tipiese jong boereseun. Dié soort waaroor 'n ma nie juis slapelose nagte sal hê as hy haar enigste dogter om haar hand sou vra nie.

Begin hy egter gesels oor die elektroniese waterfiskaal wat hy oor die tydperk van bykans 'n jaar ontwikkel het, is dit duidelik dat hy nie net met 'n geniale brein geseënd is nie, maar ook 'n passie vir die bewaring van skaars hulpbronne het. "Die water in die Oranje-Visrivier-kanaal is 'n kosbare geskenk van Bo. Dit is ons, wat bevoorreg is om dit aan te wend, se plig om toe te sien dat dit so doeltreffend as moontlik benut en vermorsing tot elke prys te vermy word," sê hy met oortuiging.

Robert boer saam met sy pa, Julian, en broer, Stuart, in 'n familie-onderneming. Hulle het vier jaar gelede op Lucerndale Farm, wat aan die uitkeerkanaal by Teebus grens, aangekom. Robert het toe dadelik aangebied om sy dienste as waterfiskaal beskikbaar te stel vir die sewe boere wat sowat 1 200 ha landerye uit die 20 km lange Southey-kanaal besproei.

"Ek het gesien hoe gefrustreerd die boere was wat water uit die kanaal gebruik het. Hulle moes dikwels tot drie keer per week na die sluishek toe jaag om dit oop of toe te draai, aangesien daar té min of té veel water in hulle opgaardamme was. Dit is veral diegene aan die einde van die kanaal wat gewoonlik die spit moes afbyt.

Wanneer 'n buurman hoër op vergeet het om die sluishek betyds toe te maak, het die ouens aan die onderpunt se damme oorgeloop. Ander kere was daar weer te min water in die laaste damme. Dit kos tot 12 uur voordat die water uit die kanaal hulle bereik.

"Daar moes 'n eenvoudiger manier wees om die probleem op te los. Ek het 'n idee in my kop gehad wat ek wou ontwerp het, maar het nie oor ál die tegniese kennis beskik nie." Hy het hom tot die internet gewend, maar die sleutelwoord "elektroniese sluishekke" op die soekenjins het min opgelewer. Hierna het hy om hulp by verskeie maatskappy aangeklop wat in besproeiing spesialiseer, maar hy kon nêrens die regte antwoord vind nie.

Die navrae het hom egter met mnr. Dave Buttemer, 'n elektroniese ingenieur van Pietermaritzburg wat radiosenders ontwerp, in aanraking gebring. Met Buttemer se kennis van elektronika en Southey se opleiding as meganiese ingenieur aan die Port Elizabethse Technikon, was dit net 'n kwessie van tyd voordat die deurbraak gekom het.

Die elektroniese waterfiskaal wat hy ontwerp het, is op die beginsel van vraag en aanbod geskoei. 'n Reeks vlotters wat die watervlak meet, is in 'n enkele afvoerpyp by die laaste dam geïnstalleer. Namate die watervlak verander, word 'n agtkanaal-radiosender geaktiveer en 'n sein word na die radio-ontvanger by die uitkeerpunt, 14 km verder, uitgestuur. Sodra die sein ontvang word, word 'n elektriese motor aangeskakel wat die sluishek na gelang van die watervlak van die dam waar die elektroniese vlotters geïnstalleer is, oop- en toemaak. Hoe laer die vlak in die kontroledam is, hoe groter maak die sluishek oop, en andersom. Die stelsel het die vermoë om akkuraat die verlangde watervloei in die kanaal te balanseer.

Mnr. Louis Wilken, van Juriesbaken, het vier jaar gelede van Douglas na Middelburg in die Oos-Kaap verhuis. Hy besproei sowat 480 ha. Sedert die elektroniese water-

fiskaal twee maande gelede in werking gestel is, kan hy baie meer gerus slaap, sê hy. "Voorheen moes ons weekliks tot 70 km heen en weer ry om te verseker dat die regte hoeveelheid water vrygelaat word. Wanneer 'n donderbui uitgesak het, het dit bykomende probleme geskep - soos die bure se landerye en veld wat oorstroom kon word. Watervermorsing was alledaags en dit sou buitendien baie kos om 'n heeltydse waterfiskaal aan te stel."

Wilken produseer onder meer wortelsaad vir die uitvoermark en aartappelmoere. Hy sê daar is nou nie net groter harmonie tussen die boere wat water uit die kanaal gebruik nie, maar dit blyk ook 'n verstommend doeltreffende stelsel te wees, wat boonop min instandhouding verg. "Die stelsel wat Robert ontwerp het, is 'n toonbeeld van boerevernuf en ons is hom groot dank verskuldig. Boonop het dit veel minder gekos as waarop ons ons voorberei het," benadruk Wilken.

Mnr. Albert van Heerden, die bestuurder op Juriesbaken, sê wat hy die meeste van die stelsel waardeer, is om nou nie meer wakker te lê en te wonder of die sluis oop of toe is nie. "Ek is oortuig daarvan dat dit met ewe groot sukses ingespan kan word in enige ander deel van die land waar boere uit kanale besproei en daar sluise is wat daagliks oop- en toegemaak word. Dieselfde stelsel kan aangepas word om byvoorbeeld spilpuntstelsels te beheer en watervlakke in veesuipings te kontroleer."

Robert se pa, Julian, is met reg trots op sy seun se ontwerp. "Ons Karooboere besef maar elke dag hoe kosbaar water is. Dit is ongetwyfeld een van die grootste voordele van die radiobeheerde waterfiskaal."

Die stelsel, waarop Robert kopiereg uitgeneem het, het sowat R28 000 gekos. "As daar in ag geneem word dat dit besproeiingsboere verder langs die kanaal tot R1 200 per maand kos om 'n waterfiskaal te huur, kan dié stelsel homself binne 2 jaar betaal. Hierdie is bloot 'n prototipe - verdere kostebesparings is moontlik en die volgende stelsel sal waarskynlik minder as R20 000 kos," sê Robert.

Navrae: Tel. 048 885 9010, of e-pos: ros@adsactive.com.

23 Junie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.21
+0.3%
Rand - Pond
23.87
+0.4%
Rand - Euro
20.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,033.20
+0.7%
Palladium
1,413.68
+0.5%
Goud
1,963.08
+0.1%
Silwer
23.60
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,632
+0.3%
Alle aandele
76,840
+0.3%
Hulpbronne 10
69,525
+0.3%
Industriële 25
103,876
+0.0%
Finansiële 15
15,144
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Glimlag en voed jou Siel.
As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
Kom ons kyk.....
Ek is n baie liefdevolle mens wat hou van lag, en die lewe geniet. Baie lief vir reis, kosmaak, diere en kinders.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot