Hy kan taai grondtoestande in die herfs en winter dieper binnedring, en spog met uitstekende inwerking van plantreste.
Dit los ’n ideale saadbedding met ’n grondafwerking wat gereed is vir plant en skep ’n gladder, gelyker grondoppervlak wat akkurate saadplasing en jong wortelontwikkeling aanhelp. Een van die sleutelaspekte van die Case IH Speed-Tiller® is sy vermoë om doeltreffende grondbewerking teen ’n hoë spoed te verrig.
’n Bykomende voordeel is dat dit ook ’n uitstekende saadbedding teen laer spoed lewer. Dit beteken jy het nie ’n hoëkilowatt-trekker nodig om dié werktuig te sleep nie, wat dit geskik maak vir ’n wye reeks boerderytoepassings.