AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9340
0,00
CORN
29 Sep
-
4777
0,00
SOYA
29 Sep
-
9220
0,00
SUNS
29 Sep
-
9800
0,00
WEAT
29 Sep
-
7047
0,00
WMAZ
29 Sep
-
4809
0,00
YMAZ
29 Sep
-
4733
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28
Skenk 'n artikel

Splinternuwe spuittegnologie by Nampo

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 3 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die selfaangedrewe Kuhn Stronger-gewasspuit van Valtrac het ’n aluminiumspuitbalk van 40 m. Die werktuig het ’n grondvryhoogte van 1,8 m en ’n chemiese tenk van 4 000 liter. Ander modelle in die reeks wissel van 21-50 m. Dit beskik oor Trimble se GPS-toerusting vir presisiewerkverrigting, onder meer afsluitbare spuitkoppe. Prys:  R6,21 miljoen. Navrae: Mnr. Attie de Villiers, 083 261 9863.
Die selfaangedrewe Kuhn Stronger-gewasspuit van Valtrac het ’n aluminiumspuitbalk van 40 m. Die werktuig het ’n grondvryhoogte van 1,8 m en ’n chemiese tenk van 4 000 liter. Ander modelle in die reeks wissel van 21-50 m. Dit beskik oor Trimble se GPS-toerusting vir presisiewerkverrigting, onder meer afsluitbare spuitkoppe. Prys: R6,21 miljoen. Navrae: Mnr. Attie de Villiers, 083 261 9863.

Die fabrieksaangepaste Nobili 105-boordspuit word in Italië vervaardig, is vir die bespuiting van groot neutbome en word deur Southtrade verskaf. Die werktuig is met ’n tweegangratkas toegerus om die 1 050 mm-waaier aan te dryf, pleks van met waaierbande. Dit dien die spuitstof toe vanuit ’n tenk van 2 000 liter teen 193 liter per minuut. Die prys is nog nie vasgestel nie. Navrae: Mnr. Danie Degenaar, 082 214 0883.
Agri Services van Ballito ontwerp en vervaardig sy eie reeks boordspuite, soos die Toringvalk met ’n tenk van 3 000 liter en ’n windvloei van sowat 100 000 kubieke meter per uur met sy ­waaier van 1 050 mm. Dit is ’n sleeptipe model wat agteraan ’n trekker gehaak word. Die spuit word van gegalvaniseerde staal gebou om te voorkom dat dit roes. Ander spuite in die reeks se tenks wissel van 600 liter wat aan ’n trekker se driepunthyser gekoppel word, tot hierdie model. Prys: R495 650. Navrae: Mnr. Danie Kok (op die foto), 083 245 1825.
Die Stara Imperator 3.0-hoogloopspuit word deur Kempston Agri bemark en het ’n grondvryhoogte van 1,43-1,83 m wat hidroulies verstel word. Die spuitbalk spuit 30 m breed en funksioneer op ’n hoogte van 0,78-2,63 m. Die werktuig is geskik om chemikalieë en korrelkunsmis toe te dien (nie gelyktydig nie). Die chemiese tenk kan 2 400 liter spuitstof hou en die kunsmistenk hou 3 000 kg kunsmis. Die spuit werk teen8-25km/h.Prys: R5,06miljoen.NAVRAE: Mnr. Etienne van Wyk, 063 296 5211.
NMI se Imep-sleeptipe balkspuite word van Brasilië ingevoer. Die Avant 2000 op die foto is elektries-elektronies vloei-aanpasbaar om te verseker die toedieningstempo pas by die spoed aan. Dit het ’n tenk van 2 000 liter. Prys nie beskikbaar. Navrae: 011 922 2000.
Van Breda se boordspuit is vir die behandeling van pekanneutbome en ander groot bome en het ’n tenk van 4 000 liter. Ander boordspuite uit sy fabriek op Stellenbosch is ook geskik vir ander boordgewasse, soos bessies. Die spuitstoflewering pas vanself by die trekkerspoed aan. Spuitstof word deur ’n waaier van 1 060 mm versprei. Prys: R740 025. Navrae: Mnr. Michael van Wyk (op die foto), 074 188 8598.
Vierwielmotorfietse kan ruwe terrein trotseer waar bonkige masjiene, sleepwaens en werktuie moeilik kan ry. Quantum Field Services het nou ’n pomp-en-spuitstelsel met ’n 600 liter-tenk ontwerp wat agteraan só ’n taai buks gehaak kan word. Dit kan landbouchemikalieë toedien én vir brandbestryding ingespan word. Die petrolaangedrewe enjin van 41 kW dryf ’n UDOR 75-pomp aan wat 20 bar kan opwek en ’n vloeitempo van 75 liter/min. kan behaal. Landbouchemikalieë wat in die tenk ­gemeng is, kan toegedien word deur 5 m-opvouspuitbalk of met die hand deur ’n 20 m-pyp vir kolbespuiting (dit word ook vir brandbestryding gebruik). ’n Minimum sleepvoertuig van 250 cc is nodig. Prys: Vanaf R72 000. Navrae: Quantum Field Services, 056 213 3222.
Die sensors van die Weed-It-presisiespuittegnologie kan op die spuitbalke van selfaangedrewe én trekkergemonteerde spuite aangebring word. Elke sensor moet minstens 1,1 m bo die grond wees. Elk van die vier spuitpunte wat dit individueel beheer, moet 600 mm bo die grond en 25 cm uitmekaar wees. Weed-It-sensors skyn blou lig op plantegroei net voor die spuitbalk, wat die chlorofil in plantblare bespeur. Die Weed-It-stelsel sal dan een of meer van die betrokke spuitpunte beheer om ’n presiese volume onkruiddoder regstreeks op die plant toe te dien. Waar geen plant bespuit hoef te word nie, sal die stelsel die betrokke spuitpunte toemaak sodat die onkruiddoder nie onnodig bespuit word nie. Die Weed-It-stelsel vereis ’n vertoon­skerm in die operateurskajuit, maar die stelsel is Isobus-geaktiveer om integrasie met die meeste geskikte handelsmerke se werktuie en spuite moontlik te maak. Prys: Vanaf R92 000 (per meter spuitwydte), wat installasie en alle hardeware en sagteware insluit. Navrae: Cerealis Precision, 018 632 0362.

Lees die volle storie
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.3%
Rand - Pond
19.98
-0.2%
Rand - Euro
17.66
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.69
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,662.81
+0.1%
Silwer
18.85
+0.2%
Palladium
2,203.47
-0.1%
Platinum
868.39
+0.0%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
56,921
0.0%
Alle aandele
63,264
0.0%
Hulpbronne 10
59,792
0.0%
Industriële 25
76,768
0.0%
Finansiële 15
13,707
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot