Die landboubedryf is ’n strawwe werkomgewing vir die laers van boerderytoerusting, soos planters. Boere plant dikwels in uiters stowwerige toestande, wat dié onderdeel se leeftyd verkort.
Bearings International, verskaffer van laers en kragtransmissieprodukte, het doelgemaakte landbou-eenhede, sogenoemde agri hub units, ontwerp waar die koeëllaers deur drie beskermende lae verseël word. Dié lae keer dat stof en vuilgoed by die werkende onderdele uitkom en help ook keer dat die smeermiddels om die laers tot niet gaan.
Die drielaagseëls is deel van ’n eenstuk-ontwerp wat onder meer ’n rubberseël insluit wat tot aan die buiterand van die skutplaat strek. Die gegalvaniseerde staalplaatkonstruksie beskerm teen verwering en bied groter drukweerstand. Die randgeut is uitstekend ontwerp om stof en water uit te hou.