AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28
Skenk 'n artikel

Stropers bult hul staalspiere

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 3 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Geringhoff-mieliestropertafel is volgens die bemarker, BHBW, die grootste in sy soort ter wêreld. Dit oes 24 rye graan van 0,76 m elk op ’n keer. Die totale breedte is 18,24 m. Die tafel word van Duitsland ingevoer. Prys: R3,68 miljoen. NAVRAE: Me. Lizel Jansen, 083 233 8410
Die Geringhoff-mieliestropertafel is volgens die bemarker, BHBW, die grootste in sy soort ter wêreld. Dit oes 24 rye graan van 0,76 m elk op ’n keer. Die totale breedte is 18,24 m. Die tafel word van Duitsland ingevoer. Prys: R3,68 miljoen. NAVRAE: Me. Lizel Jansen, 083 233 8410

nampo stropers
Elko Implemente se 24 ton-tapkar word op Hoopstad gebou. Die werktuig wat 5,2ton weeg, kan 24 ton mielies hou en dit weer teen 4,5 ton per minuut uitlaai. Die swaar werktuig verg ’n trekker van sowat 125 kW. Die gewig word doeltreffend versprei danksy die onafhanklike tandemwiele. Die onderneming se eienaar is mnr. Arno Pienaar, ’n boer van Hoopstad. Prys: R603750. NAVRAE: Mnr. Ben van der Walt, 053 444 2160.
nampo stropers
Die splinternuwe Claas Trion 750-stroper van Kempston Agri in Oos-Londen is die grootste model in hierdie reeks, wat uit vier modelle bestaan. ’n Enjin wat 314 kW opwek, dubbele rotor en ’n graantenk van 12 000 liter sorg vir genoeg krag en kapasiteit. Die stropers kom van Duitsland en is beskikbaar met buitebande of rusperbande. Prys: R6,06 miljoen. NAVRAE: Mnr. Etienne van Wyk, 063 296 5211.
nampo stropers
Die Claas Lexion 7600-stroper is vir die eerste keer deur Kempston Agri op Nampo vertoon. Sy enjin van 339 kW en allemintige graantenk van 13 500 liter het boere beïndruk. Die dubbele rotor sorg vir ’n seepgladde stroopaksie en die APS-stelsel versnel die deurvloei. Die hoofdrom is vanaf 600 mm tot 750 mm vergroot. Die stroper het ’n outomatiese CEMOS-stelsel wat die werkverrigting na gelang van die oestoestande beheer. Prys: R7,13 miljoen. NAVRAE: Mnr. Etienne van Wyk, 063 296 5211.
nampo stropers
Agri Afrika se nuwe Legend-tapkar wat deel is van ’n reeks werktuie wat plaaslik in die fabriek in Rosslyn, Pretoria, gebou word. Dit sluit ook rollers en skoffelwerktuie in. Die CB30-tapkar op die foto het ’n kapasiteit van 30 000 liter en is vir enige graan geskik. Die reeks strek tot ’n kapasiteit van 40 000 liter. Prys: R787 750 (standaardmodel). NAVRAE: Mnr. Marius Tolmay, 083 581 5709.
nampo stroper
Case IH het vanjaar ’n nuwe aanslag op die stropermark aangepak met die Axial-Flow 4088-stroper. Die 4088 is eintlik ’n bekende op die plaaslike mark en is ’n nuwe ontwikkeling en verbetering op die ou staatmaker, die Case IH 2360. Die nuwe Case IH Axial-Flow 4088, ’n klas vier-stroper, is vir boere wat konsentreer op ’n driery- of vyfry-stelsel en vir wie groot stropers nie produksiegewys sin maak nie. Dit staan egter nie terug wat tegnologie betref nie, en is toegerus met ’n stropermonitor wat met ’n SD-kaart al die nodige stroperdata insamel en op ’n tuisrekenaar kan verwerk tot bruikbare stroperkaarte. Die stroper se sentrale roto-tegnologie en minder bewegende dele beteken dat die stroper betroubaarder is, met minder staantyd, en ook kostedoeltreffender om te onderhou as die groter stropers. Dit het ook ’n horisontale dubbelskyfstrooier met tweespoedbeheer om blare en oesreste eweredig op die land te versprei. Die 4088-stroper het ’n kraglewering van rondom 157 kW met ’n maksimum kraglewering van amper 180 kW, wat dit dus die ideale stroper maak vir boere wat tot rondom 800 ha se graan wil oes. NAVRAE: Case IH SA, 011 922 2300
nampo stroper
Die John Deere X9-reeks stropers was ’n groot trekpleister. Regs is ’n klas-11 stroper met ’n graantenk van 16 200 liter wat teen ’n allemintige 186 liter per sekonde kan uitlaai en, na gelang van of dit die X9 1000 of X9 1100 is, kan die stroper toegerus word met ’n tafel wat wissel vanaf 12 tot 18 rye. Die kajuit is hiper-modern met elektro-meganiese suspensie, ’n leersitplek met verhitting, ventilasie en ’n masseer-opsie vir langer strooptye, terwyl die John Deere 13,6 liter-enjin van 410 kW in die X9 1000 en 450 kW in die X9 11000 lewer. NAVRAE: John Deere Afrika suid van die Sahara, 011 437 2600.
nampo stropers
Die New Holland CR 7.90 Revelation-stroper, die kleiner weergawe van die New Holland CR 10.90 Revelation wat sedert 2014 die wêreldrekord hou vir die meeste koring geoes binne agt uur, is nou ook toegerus met New Holland se sesde sintuig vir stropers, die Intellisense-stelsel. Dié outomatiese, proaktiewe stelsel reageer vinnig en naatloos op omgewingstoestande en maak voorkomende aanpassings om verliese te voorkom. Dit sluit onder meer die sifladingsensor in wat die materiaalvolume op die siwwe akkuraat weergee en dus kan dorsverstellings, waaierspoed en die voor-sif, boonste en onderste siwwe outomaties oopmaak om die verlangde resultaat te verkry. Die outomaties verstelbare vollengte Dynamic Flow Control-rotorvinne verbeter ook die rotor se kragleweringdoeltreffendheid sonder om die dors- en skeidingsaksies se verstellings te beïnvloed wat ook tot beter brandstofbesparing en ’n beter stroopaksie lei. Laastens verskaf die Grain Cam-stelsel ’n prentjie van die opbrengs intyds en verskaf ook ’n deeglike graangehalte-ontleding, onder meer die persentasie gekraakte graan en materiaal wat nie graan is nie. NAVRAE: New Holland Suid-Afrika, e-pos: www.nhsa.co.za
nampo stroper
Die Fendt Ideal T10 is toegerus met die nuutste tegnologie beskikbaar op die stropermark. Wat uitstaan, is die Fendt IDEALdrive wat ’n stuurstokmeganisme pleks van ’n stuurwiel gebruik. Dit stel die stroperbestuurder in staat om ’n beter uitsig op die stropertafel en die stroopproses te hê. Die stroper is ook toegerus met twee bykomende skeidingskonkawe, wat die totale konkaaf-oppervlak van die Fendt Ideal T10 tot 4,54 m2 vergroot. Sy werksoppervlak is 12% groter as die kleiner Fendt IDEAL T9, wat die skeidingskapasiteit verhoog en dus beter deurvloei en hoër werksverrigting bied. Die Ideal T10 het ’n 16,2 liter-MAN-enjin wat 581 kW lewer. NAVRAE: Fendt Suid-Afrika, 082 520 6651

Lees die volle storie
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot