
Toer saam met Landbouweekblad na Argentinië om geenbewerkingspraktyke in dié land te bestudeer. Die toerdatums is van 4 tot 17 September vanjaar.
Dié toer is gereël ná ‘n soortgelyke toer verlede jaar onderneem is. Die doel is om verskeie plase in Argentinië te besoek – soortgelyk aan Suid-Afrikaanse boerderye – om die toepassing van geenbewerking te bestudeer.
Die toergroep besoek ook Aapresid, die nasionale vereniging vir geenbewerking, wat ‘n groot rol in dié land se landbou speel. Op meer as 90% van die graanplase in Argentinië word geenbewerking toegepas, hofsaaklik danksy die werk van Aapresid.
Planterfabriek en graan-uitvoer
Ander besoeke is aan ‘n geenbewerking-planterfabriek, die graan-uitvoerhawe van Rosario en die Liniers-vleismark in Buenos Aires, waar tot 10 000 beeste daagliks vir die steak-etende stedelinge in dié pragtige stad verkoop word.
Die toer sluit af met ‘n besoek aan die bekende Igauzú-watervalle, een van die natuurlike wonders van die wêreld. ‘n Maksimum van 25 mense kan die toer meemaak.
‘n Argentynse vriend van Landbouweekblad, mnr. Hendrik Jordaan, is die toerleier. Hy het al verskeie landboutoere vir Landbouweekblad na Argentinië gereël. Sy webwerf is Laurik International. E-pos: consultancy@laurik.com.ar.
Die toerprogram is beskikbaar op die aanhangsel hieronder, Argentynse toer.
Die plaaslike kontak vir navrae oor koste en besprekings is: Rianette Coetzee van Boland Travel in die Paarl. Tel.: 021 872 1581 of e-pos: rianette@bolandtravel.net
2 Junie 2011