Die Fleetguard FK 36 000 is ’n draagbare stelsel van Cummins Filtration waarmee brandstof op enige plek getoets kan word om seker te maak dit is nie besoedel nie.
Dit is ’n nuttige hulpmiddel vir boere om maklik die gehalte te toets van byvoorbeeld diesel wat in grootmaat gelewer word.
Die toestel benodig geen kragbron of batterye nie en kan op enige plek op die plaas gebruik word. Die meeste toetse benodig sowat 1 liter brandstof, en die toetsresultate is binne enkele minute beskikbaar.