Dit word gemonteer met behulp van ’n hidrouliese driepunt-hysstelsel en die spuitbalklengte kan van 12 m tot 28 m wissel. Die trekker moet ’n minimum kraglewering van 110 kilowatt hê en met ’n Isobus-elektroniese kommunikasiestelsel toegerus wees.
Dié stelsel maak aan-of-afbeheer van enkelspuitpunte op die Amazone UF 02 moontlik vir presieser spuittoedienings. Die spuit is ook in staat tot wisselende dosistoedieningsbestuur om voorsiening te maak vir die trekker se veranderlike vorentoespoed. Afstandbeheersensors op die spuit verstel die balk se vlak outomaties.
Prys: Vanaf R1 725 000