AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Trekkerpryse en wisselkoers ploeg saam

Dit is onafwendbaar dat trekkerpryse in dieselfde verhouding gaan styg as wat die wisselkoers van die rand teen ander geldeenhede waarde verloor.

Vir Europese trekkers word 'n verhoging van sowat 30 % voorsien en Amerikaanse trekkers gaan waarskynlik met 25% duurder word teen die heersende wisselkoers.

Mnr. Charles van Niekerk, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê sedert November verlede jaar toe die Euro R9,50 werd was het die rand met tot 35% verswak en toe weer effens herstel tot 'n verswakking van 30%. Terselfdertyd het die waarde van die rand teenoor die dollar met sowat 25% verswak.

Saam met dié verswakking is die meeste Europese vervaardigers verplig om die enjins van hul werktuie verder te verfyn om aan die wetgewing rakende uitlaatgasse te voldoen. Die aanpassings beloop glo tot 10% van 'n trekker se prys en dit word ook nou ingefaseer.

Dit is moeilik om te sê wanneer dié verhoging tot die SA mark gaan deurwerk. Party ondernemings neem vooruitdekking teen sulke gebeurlikhede uit - die wagtyd vir sommige trekkers is tot agt maande.

Maar wat waar is, is dat verskeie verskaffers reeds hul pryse begin verhoog het en dat die verhogings oor die tyd ingefaseer sal moet word om die daling in die ruilwaarde van die rand te absorbeer.

Dr. Jim Rankin van Agfacts sê die verhoogde trekkerverkope van die afgelope tyd kan toegeskryf word aan boere wat die dilemma sien kom het en wat in die posisie was om rats hul trekkervlote aan te vul voor die prysstygings deurgekom het.

Maar hy dink die werktuigverskaffers is net so onkant gevang as die boere. Min mense het die skielike verswakking van die rand verwag en hy glo daar is ook van die ondernemings wat nie vooruitdekking geneem het nie wat nou verplig sal wees om die pryse van hul werktye aansienlik te verhoog.

Sowat 40% van al die trekkermodelle van lede van die assosiasie se pryse is al in Maart aangepas en hy verwag dat nog 50% van die modelle se pryse vandeesmaand verhoog kan word.

Die styging in graanpryse tesame met 'n verwagte goeie oes dra weliswaar daartoe by dat boere die prysskokke beter kan verwerk, maar dit is nie genoeg om dit ten volle te dek nie, meen hy.

27 Maart 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.38
+0.7%
Rand - Pond
24.01
+1.2%
Rand - Euro
20.73
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.77
+1.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,007.46
+0.2%
Palladium
1,423.83
-0.9%
Goud
1,943.21
-0.3%
Silwer
23.47
-0.6%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,482
-0.7%
Alle aandele
76,626
-0.7%
Hulpbronne 10
69,338
-1.4%
Industriële 25
104,201
-0.8%
Finansiële 15
14,884
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom, sê 'n bietjie "hallo"!
Goeie intelligente geselskap. Ek ontmoet graag nuwe mense en gou daarvan om tyd saam deur te bring. Opreg en 'n staatmaker.
Wereldreisiger soek metgesel met goeie sin vir humor
Ek is lief vir mense glo leef en laat leef. Stel nie belang in jou verlede nie. Ek hou van positiewe mense moet lekker kan lag. Ek is lief vir onthaal en hou van kos maak. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot