Northmec se nuwe Case IH Pumatrekkerreeks is nou plaaslik beskikbaar. Die vier modelle van 124 kW tot 157 kW het die nuutste tegnologie om te sorg vir optimale werkverrigting.
Dié trekkers behoort tande te wys vir hul mededingers. Net soos die roofdier waarna die trekkers vernoem is, is die Pumas stewig en sterk gebou. Vir optimale kraglewering en doeltreffendheid het hulle tussen verkoelde viersilinder-dieselenjins van 6,7 liter. Hulle is toegerus met turbo-aanjaers en stel min skadelike uitlaatgasse vry.
'n Konstante enjinspoedmodus verseker dat die enjin en kragaftakker teen konstante toere loop, ondanks vragwisseling, wat optimale brandstofdoeltreffendheid verseker.
'n Kragbestuurstelsel is standaard op al die modelle. Dit lewer tot 28 kW bykomend wanneer die trekker in sy sestiende versnelling gebruikword vir padvervoer ofwerkmet die kragaftakker.
Die trekkers het die krag en vermoë wat dit maklik hanteerbaar maak. Bykomend is die trekkers ook toegerus met 'n hele reeks kenmerke aan die vooras wat die stuur- en remvermoë verbeter vir groter veiligheid op die pad en in ander werkstoestande. Die outomatiese vierwieldrywingstelsel en ewenaarsper ontsluit byvoorbeeld outomaties op skerp draaie.
Die hoogs gevorderde ratkas met 18 versnellings vorentoe en 6 tru het instellings vir land- en padwerk. Dit laat ratte outomaties op en af verwissel omaan te pas bywisselende vrag en verseker optimale kraglewering. Die ratkas en kragaftakker is spesiaal ontwerp omaan te pas by die kragtige enjins.
Die hidrouliese stelsel is kragtig en is toegerus met presisiebeheer. Dit kan tot 8 650 kg lig en die operateur beheer die operasie fynmet sy vingerpunte.
Die elektronies beheerde geslote sentrale vragaanvoelingstelsel reageer akkuraat met die kleinste verandering in trekweerstand wat dan die presiese olievloeitempo lewer om aan te pas by die werkstoestande.
Die trekkers is in vier modelle beskikbaar, naamlik 124kW, 135 kW, 146 kW en 157 kW, en kos van sowat R900 000 tot R1 miljoen.