
Trekkers het vasgeval tydens die ploegkompetisie op die Langs die Oever-landboufees by Tzaneen, wat deel is van die SA Ploeg-organisasie (SAPO), Landbouweekblad, Graan SA, Tubestone en BKT-trekkerbande se streekkompetisies, in aanloop tot die nasionale byeenkoms.
Tydens hierdie kompetisie het die reën egter gewen en die byeenkoms is gestaak omdat trekkers in die modderige toestande vasgeval het. (Foto hieronder verskaf deur Tubestone.)
? Ander byeenkoms gaan moontlik vorentoe vir die streek gehou word. Die volgende byeenkoms is van 10-12 April by die Hoërskool Bekker op Magaliesburg. Twee matriekmeisies gaan onder meer deelneem. Al die streekwenners dring deur na die eindrondte tydens die Nampo-oesdag van 13 tot 16 Mei op Nampopark by Bothaville.
Die Suid-Afrikaanse kampioen sal daar gekroon word wat aan volgende jaar se wêreldkampioenskap sal deelneem. Verlede jaar se nasionale wenner was mnr. Willie Ludik van Rouxville.