Watervoorsiening is
uiters belangrik vir die
versorging van vee.
Nóg meer by die aanhou
van kleinvee in
tydelike hokkies, soos
op skoue. 'n Vrystaatse
boer het 'n blink
plan beraam.
Mnr. Giepie Calldo van die plaas
Kopje Alleen in die distrik
Trompsburg se skaaphokke is
besonder doeltreffend as lamhokke
vir ooie en ook op enige plek waar
skape ten toon gestel moet word.
As 'n kundige
oor reproduksiebestuur by CMW, het
hy die hokkies al 'n geruime tyd in 'n intensiewe
lamstelsel beproef en aangepas. Dit is
veral sy unieke waterpunte wat die tydelike
skaaphokke ook besonder doeltreffend vir
uitstaldoeleindesmaak.
Die plankhokkies van Calldo se intensiewe
stelsel bestaan uit houthekkies van 1,2m
wyd en 0,9 m hoog. Die panele word met
dun penne van 6 mm of 8 mm deur draadogies
aanmekaar vasgemaak. Die ogies is bo
en onder aan die hekkies. Bale strooi word
vir beddegoed gebruik.
Sy watervoorsieningstelsel bestaan uit
een opgaartenk met verskeie suippunte (een
in elke hokkie). Die opgaartenk kan enige
plastiekhouer wees waarin 'n vlotterklep
pas. Dié tenk moet so geplaas word dat die
watervlak in die tenk dieselfde hoogte as die
watervlak in die suippunte is. Die suippunte
moet waterpas wees om te keer dat water by
'n laer punt uitloop.
Laedruk-besproeiingspyp is geskik vir
die stelsel en klampe sal waarskynlik nie
eens nodig wees nie. Om die stelsel skoon te
spoel (hy doen dit twee maal per dag), kan
die klep aan die eindpunt net oopgemaak
word. Die suiptregters word soggens met 'n
huishoudelike toiletborsel skoongemaak.
Calldo se eerste probeerslag vir sy waterpunte was
'n 2 liter-koeldrankbottel waarvan
die onderste derde afgesny word, gate in die
bodem geboor word en in 'n omgekeerde
posisie in die res van die bottel gedrukword.
Dit voorkomdat die bottel induik as
die diere daarteen stamp. Die omgekeerde
deel word diep genoeg ingedruk sodat die
bek van die skaap daarin kan pas.
Deesdae gebruik hy 'n suiptregter van
harde plastiek wat hy deur 'n onderneming
in die Vrystaatse Goudveld laat giet.
Die voordeel van die stelsel is dat die terrein
waar die waterstelsel aangebring word,
nie noodwendig gelyk of waterpas hoef te
wees nie. Die watervlak in die suipbakke kan
beheer word deur die hoogte van dié bakke
aan te pas by die helling. Dit beteken dat die
suiptregters die naaste aan die wateropgaartenk
laer sal wees as die verste drinkplekke
teen 'n helling na onder.
Min arbeid is nodig om die waterstelsel
doeltreffend te benut. Calldo sê die boer sal
oor naweke byvoorbeeld, maklik alleen kan
toesig hou.
Mnr. Giepie Calldo by sy waterstelsel. Water
word aangelê na 'n plastiekhouer met 'n
deksel wat groot genoeg is vir 'n vlotterklep
soos dié wat in 'n toilet se spoelbak
gebruik word. Dié wateropgaartenk word
op 'n voorwerp geplaas sodat die water met
swaartekrag na die suipplekke kan vloei.
Trompsburg 9913, tel. 051 713 7001, sel 082
468 3618. Faks 051 713 7001.
Landbouweekblad, 18 Julie 2008