Die wa is geskik vir swaar grondverskuiwingswerk, maar met opsionele kantplate om die bak te verhoog, kan verskeie landbouprodukte, soos graan, aartappels en kuilvoer, ook vervoer word.
Die opsionele kante sluit ’n outomatiese oop- en toemaakdeur aan die agterkant in en alles word met boute vasgemaak. Daar is ook groter en kleiner weergawes van die wa beskikbaar.
Prys: R143 750 (bykomende kantplate uitgesluit).