
Die 22ste uitgawe van die Meganisasiegids deur die landbou-ingenieur mnr. Koos le Roux is onlangs beskikbaar gestel. Dié handleiding sal van groot waarde vir saaiboere wees met die beplanning van bewerkings.
Die gids is so saamgestel dat verskillende trekker-werktuig-kombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van die tabelle gelees kan word in rand per uur of rand per hektaar.
Landbou.com het 'n kompetisie aangebied vir een gelukkige leser om 'n eksemplaar van dié handige gids te wen. Die gelukkige wenner is mnr. Diekus van Wyk van Nelspruit. Baie geluk!
Die gids van 166 bladsye kos R185. Lesers wat die gids wil koop kan mnr. Koos le Roux bel by 082 828 9531.
7 Junie 2011