AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Word 'n bobaas-boogsweiser

In die vorige sweisartikel is verduidelik hóé die gassweisvlam gebruik moet word om artikels te maak en te herstel. In hierdie artikel word die praktiese gebruik van boogsweistoerusting onder die vergrootglas geplaas.

Boogsweistegnieke is redelik maklik om te bemeester en met die teoretiese kennis onder die knie is dit gewoonlik net die hoeveelheid praktiese ervaring wat die beginner van 'n professionele sweiser onderskei.

Mnr. Nick Bothma, Afrox se bemarkingsbestuurder vir boogsweistoerusting, sê met selfs net die basiese sweistoerusting in die werkswinkel op die plaas kan 'n boer 'n hele paar rand en heelwat tyd bespaar indien hy net sommige van die hersteltake self kan doen.

In die vorige artikel oor boogsweis is onder meer aandag gegee aan die keuse van die korrekte elektrode, die sterkte van die sweisstroom, die korrekte booglengte, die hoek waarteen die elektrode gehou word, die regte werksnelheid en die behoorlike voorbereiding van die werkstuk.

Volgens mnr. Bothma word 'n stuiksweislas gebruik om twee plate aan mekaar vas te sweis.

Verskillende soorte stuiksweislasse word gebruik na gelang van die diktes van die plate wat aanmekaar gesweis moet word.

Vir 'n haaksstuiklas hoef die kante van die plate nie afgeskuins te word nie. Die twee plate of werkstukke word slegs effens uitmekaar geplaas om samesmelting deur die volle dikte toe te laat. Hierdie soort las is geskik vir plaatdiktes tot en met 6 mm. Die opening is gewoonlik die helfte van die dikte van die metaal wat gelas word (figuur 2).

'n V-stuiksweislas (figuur 3) word gewoonlik gebruik vir plaatdiktes tot 16 mm en ook vir dikker plaatmetaal waar die las slegs van die een kant af gesweis kan word. Wanneer haaks- en V-stuiksweislaste nie van beide kante af gesweis kan word nie, moet 'n steunstaaf gebruik word om algehele samesmelting te verseker. Hierdie steunstaaf bly permanent op die las (figuur 5).

Die X-stuiksweislas (figuur 4) word gebruik vir plaatdiktes van 13 mm en dikker in situasies waar die werkstuk wél van beide kante af gesweis kan word. Met hierdie soort las kan die sweiswerk gouer voltooi word met minder elektrodes (sweisstawe) as wanneer 'n V-stuiksweislas met dieselfde plaatdikte gebruik word. Die X-stuiksweislas neig minder tot metaalverwringing omdat sweisinkrimping gelyk is aan albei kante van die sweislas.

Die U-stuiksweislas (figuur 6) word gebruik om dik plate aanmekaar te sweis as 'n alternatief vir die V-stuiksweislas. Eersgenoemde se voordeel is dat vinniger gesweis kan word omdat minder sweismetaal nodig is terwyl minder inkrimping en gevolglike metaalverwringing plaasvind. Voorbereidingskoste is egter hoër as vir die V-stuiksweislas omdat masjineerwerk nodig is. Hierdie lassoort is uiters geskik plaat dikker as 40 mm.

'n Dubbel-U-stuiksweislas (figuur 7) word gebruik om dik plate te las en waar weerskante gesweis kan word. Vir 'n gegewe dikte plaat is dit 'n vinniger sweismetode wat minder sweismetaal verg en minder verwringing veroorsaak as wanneer 'n U-stuiksweislas ingespan word.

Wat 'n horisontale stuiksweislas (figuur 8) betref, word die onderste plaat afgeskuins tot ongeveer 15 grade en die boonste plaat tot 45 grade om 'n ingeslote hoek van 60 grade te vorm. Hierdie voorbereiding vorm 'n lysie wat die gesmelte metaal teëhou en só verhoed dat dit afloop.

Wanneer twee plate van verskillende diktes aanmekaar gesweis moet word, word 'n stuiksweislas met 'n ongelyke profiel (figuur 9) gebruik. Die korrekte voorbereiding hiervoor behels die geleidelike afskuins van die dikker plaat sodat die profiele van die twee plate ewe dik is.

Mnr. Bothma sê vir die eerste sweislopie in 'n voorbereide las moet die sweisstaaf nie dikker as 4 mm wees nie. Vir die eerste lopie word die staaf teen 90 grade gehou, daarna teen 60 tot 70 grade en vir die laaste lopie is die hoek 80 grade.

Dit is noodsaaklik om die wortelgaping tussen die twee stukke metaal te behou deur 'n hegsweislas of twee óf deur ander metodes wat sal verhoed dat die gaping toetrek terwyl gesweis word.

Die V-, U- en haaksstuiksweislasse het almal 'n steunlopie aan die onderkant van die las nodig, anders moet die toelaatbare werkspanning met die helfte (50 %) verminder word. Voordat die sweislopie aan die onderkant van die las neergeslaan word, moet enige oortollige metaal of swak metaalindringing verwyder word aan daardie kant van die las.

Stuiksweislasse behoort sterker te wees indien die sweislas opgebou word sodat dit net bokant die plaatoppervlakte uitstaan. Oordadige versterking op hierdie manier moet egter vermy word.

In die geval van bohandstuiklasse is dit noodsaaklik dat alle slak en oortollige metaal verwyder word voordat verdere lopies neergeslaan word. Hierdie is veral belangrik met die eerste lopie wat geneig is om skerp hoekies te vorm wat dikwels moeilik deur verdere lopies ingedring kan word. Gewoonlik word geen elektrode dikker as 4,0 mm vir vertikale of bohandse sweiswerk gebruik nie.

  • Landbouweekblad nooi lesers om sweiswenke in te stuur vir publikasie. Ons hoor ook graag van spesifieke sweisprobleme waarvoor die kundiges waarskynlik raad het. Skryf gerus aan: Doen dit só, Landbouweekblad, Private sak X202, Pretoria 0001; of stuur 'n e-pos aan: agroenew@landbou.com

    28 Februarie 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Landbou Veilings

    Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

    Lees hier
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    19.51
    +0.6%
    Rand - Pond
    24.30
    +0.0%
    Rand - Euro
    20.93
    -0.0%
    Rand - Aus dollar
    12.90
    -0.0%
    Rand - Jen
    0.14
    -0.0%
    Platinum
    1,003.50
    0.0%
    Palladium
    1,420.36
    0.0%
    Goud
    1,948.15
    0.0%
    Silwer
    23.63
    0.0%
    Brent-ruolie
    76.13
    +2.4%
    Top-40
    71,993
    +1.9%
    Alle aandele
    77,126
    +1.7%
    Hulpbronne 10
    70,299
    +1.9%
    Industriële 25
    105,036
    +2.0%
    Finansiële 15
    14,803
    +1.2%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Wees not jou self
    Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
    Humble with a hint of Kanye
    Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot