AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

'Melk 'n dobbelspel'

Melkboerdery word 'n ál groter dobbelspel met voerpryse wat steeds styg en melkpryse wat daal.

Dit word 'n nimmereindigende stryd om winsgewend met melkbeeste te boer. Dit is dus geen wonder dat talle melkboere eenvoudig handdoek ingooi en hul melkerye staak nie, sê mnr. Ivor Reid van die Haystack-boerdery op Sundra, naby Springs.

Hy meen iewers is daar 'n groot skroef los.

Toe die Suid-Afrikaanse rand van Junie 2001 tot Junie 2002 so skerp gedaal het, het voerpryse die hoogte in geskiet. In Junie 2001 het Reid nog R966,50 per ton vir sy voer betaal. Teen Junie 2002 het dit met meer as 56 % tot R1 519 per ton die hoogte in geskiet. Die volgende jaar het dit redelik bestendig gebly en teen Junie verlede jaar het hy R1 512,30 per ton betaal — 'n styging van net 0,05 % vir die jaar. Vanjaar in Junie het hy R1 620 per ton vir sy voer betaal wat 'n styging van 7,1 % vir die jaar was.

Dit maak nie vir hom sin nie, het Reid aan Landbouweekblad gesê. Die rand het sedertdien met rasse skrede versterk. Toe die mielieprys gestyg het, het Reid se veevoervervaardiger die swak rand die skuld gegee. Nou dat die rand tot R6 vir een Amerikaanse dollar versterk het, kan hy nie 'n antwoord vir die steeds stygende voerprys kry nie. "Boere het op die verkeerde tyd gekoop", was die laaste antwoord wat Reid gekry het.

In dieselfde tyd van 36 maande het sy melkprys met 19,1 % gestyg — iets waaroor hy nie kla nie, het Reid bygevoeg. Nadat dit in die jaar tot 30 Junie 2002 met 15 % gestyg het en daarna tot 2003 met 11,1 %, is dit vanjaar in Junie met 7 % deur Clover, sy melkkoper, verlaag.

In die eerste week van Julie het hy 'n brief van Clover gekry om te sê die seisoenale prys vir sy melk word met 5 sent per liter vanaf 1 Julie tot 30 September verhoog. Dit beteken sy melkprys verhoog tot R2,30 per liter. In dieselfde brief word aangekondig dat die seisoenale prys van 1 Oktober tot 28 Februarie aanstaande jaar met 10 sent per liter verlaag gaan word.

Volgens Reid kos dit hom tans R17,10 per dag om sy koeie die voermengsel te gee wat deur sy veevoervervaardiger voorgeskryf word. Dit beteken dat 61 % van sy melkprys net op voeding vir sy melkkoeie bestee word, het hy gesê.

As die saak dus op die keper beskou word, beteken dit dat hy ook binnekort sy melkery sal moet staak. Dit is sy enigste inkomste, het Reid gesê.

30 Julie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot