
Melkboere moet daarteen waak om nie deur die huidige toestande van ’n ongunstige ekonomie en die politieke aspekte in Suid-Afrika meegesleur te word nie.
Mnr. Déan Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO), sê die melkbedryf is een van die bestendigste bedrywe in die land. Suid-Afrika is een van die min lande waar die bedryf steeds groei.
Kleynhans het op die jaarvergadering van die MPO by Aldam in die Vrystaat gesê een van die moontlikhede vir groei lê in die ontwikkeling van ’n volhoubare uitvoermark vir melkprodukte. “Die plaaslike produsent is steeds die goedkoopste en standvastigste verskaffer van melk,” het hy gesê.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 25 September 2009.
23 September 2009