
Dit is vanjaar die 21ste jaar wat die Boerepatente-kompetisie by die Nampo-Oesdag aangebied is. Die kompetisie het vanjaar weer vir groot opwinding gesorg, en Landbou.com het by die uitstalling gaan kuier en van die patente afgeneem. Kyk gerus na ‘n album van die boere se projekte.
Sowat 670 uitstallers neem vanjaar aan die uitstalling deel, en al vind die munisipale verkiesing op die 18de Mei plaas, verwag die organiseerders dat die meeste besoekers Woensdag en Donderdag, die tradisionele besige dae, by die Oesdag sal wees.
18 Mei 2011