AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Navorsing oor perdebye kan boere help

Die verspreiding van Duitse en Europese perdebye word tans nagevors om 'n strategie te ontwikkel om hulle te bestry en ook boere in die proses te help.

Lesers het me. Karla Haupt, ’n M.Sc.-student aan die Universiteit Stellenbosch, oorval met oproepe sedert ’n berig oor Duitse perdebye (Vespula germanica) in Landbouweekblad van 10 Januarie vanjaar verskyn het.

Die Duitse perdebye is besonder aggressief. Dit het boere rondom Stellenbosch, Somerset-Wes en Franschhoek al verhinder om vrugte en druiwe te pluk. Lesers is gevra om Haupt te bel as hulle dié perdebye sien om haar te help met haar navorsing. Sy het net twee oproepe ontvang rakende die Duitse perdeby. Die meeste was oor die inheemse rooi perdeby (Polistes marginalis) of die indringer Europese perdeby (Polistes dominula) waarop haar kollega en mede M.Sc.-student, mnr. P.C. Benadé, werk.

Volgens Haupt lyk die drie perdebyspesies na mekaar, maar hulle het tog kenmerke wat hulle van mekaar onderskei. Die rooi perdeby is rooibruin, terwyl die ander twee perdebye hoofsaaklik geel-en-swart is. “Mense verwar gereeld die rooi perdeby met die Europese perdeby omdat albei soorte papieragtige neste onderaan die oorhang van ’n huis of in wasgoedlyne maak. Die rooi perdeby is egter ’n inheemse insek en nie ’n probleem soos sy Europese familielid nie. Vir elke honderd neste van Europese perdebye wat jy kry, sal jy waarskynlik net een van rooi perdebye gewaar,” vertel sy.

Kenmerke
Neste van die Duitse perdebye word tipies ondergronds gemaak en lyk kartonagtig. Slegs ’n opening sal in die grond sigbaar wees. Die perdebye is egter opportunisties en maak ook neste in dakke en in bome. Die drie soorte perdebye is min of meer so groot soos ’n by. Die Duitse perdeby is effens groter, maar die verskil word moeilik opgemerk as jy die drie soorte nie langs mekaar het om te vergelyk nie. Die Duitse en Europese perdeby kom in dieselfde gebiede voor en lyk baie eenders, maar waar die Duitse perdeby swart antenas het, is die Europese perdeby s’n oranje. Verder is die Duitse perdeby se pote ingetrek tydens vlug, terwyl die Europese perdeby se pote onder sy lyf hang.

Haupt en Benadé is onderskeidelik besig om die verspreiding van Duitse en Europese perdebye na te vors. Hulle hoop om hierdie inligting te gebruik om ’n bestrydingstrategie vir die perdebye te ontwikkel. Hierdie studies word gefinansier deur die Departement van Omgewingsake deur middel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (Sanbi) se indringerspesieprogram.

Enigiemand wat Duitse of Europese perdebye gewaar, kan ’n foto daarvan met ’n aanduiding van waar die foto geneem is, per e-pos stuur aan karlahaupt@sun.ac.za vir die Duite perdeby of pcbenade@sun.ac.za vir die Europese perdeby.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.73
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.3%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.94
+2.1%
Palladium
1,418.03
+0.5%
Goud
1,980.40
-0.5%
Silwer
22.52
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie rustige persoon
Ek is n baie still person. Ek hou nie baie van uit gaan laat in die nag nie. Maar ek kuier lekker by my friende. Ek word gou omgepraat om dinge saam met hulle te doen
"Soft soul" wat elke oomblik vd lewe waardeer en geniet
Ek is 'n "soft soul" wat glo daar is nog goeie mans wat my passie vir die lewe, liefde vir kinders, familie, vriende, die natuur, sport en natuurlik 'n...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot