
Nederburg se 2007 Private Bin Eminence het ’n goue medalje in die Franse Muscats du Monde-kompetisie verower. Dié wynkelder by die Paarl is die enigste van Suid-Afrika en die nuwe wêreld wat ’n plek in die top-tien van dié kompetisie kon haal.
Die betrokke oesjaar is slegs by die Nederburg-veiling te koop aangebied. Die kelder se 2008 Private Bin Eminence was ook die beste soetwyn op vanjaar se Ou Mutualtrofee-wynskou.
Dit is die Muscats du Monde-kompetisie se negende bestaansjaar en daar was sowat 200 inskrywings van 24 lande. In 2005 het Nederburg se 2002 Eminence ook ’n goue medalje verower.
28 Julie 2009