
Promosie-artikel:
Die outonome New Holland NHDrive-trekker is op 30 Augustus bekendgestel by die Farm Progress Show in die Verenigde State - 'n bestuurderlose masjien wat 'n wye reeks boerderytake dag en nag kan verrig. Dit kan ook landerye onafhanklik bereik via paaie op die plaas om saam met ander outonomiese of tradisionele, bestuurderheerde masjiene te werk. Danksy die kajuit kan dit ook deur 'n bestuurder aangedryf word, wat maksimum veelsydigheid verseker. (Video hieronder.)
Met die eerste oogopslag lyk die uitgestalde T8 Blue Power-trekker vir die groot aantal besoekers wat New Holland se stalletjie by die Farm Progress Show toestaan soos 'n doodgewone standaardtrekker. Dit is egter 'n kykie in die toekoms van boerdery - een wat ten volle outonome masjiene kan insluit en die landbou van die toekoms kan herdefinieer.
Verdere evolusie gebaseer op doeltreffendheid en volhoubaarheid
Die New Holland NHDrive- outonome trekker is deur CNH Industrial ontwikkel, in samewerking met hul jarelange tegnologiese verskaffer Autonomous Solutions Incorporated (ASI), 'n Utah-maatskappy wat die bedryfsleier is op die gebied van outonome veldvoertuigoplossings. Die New Holland NHDrive is 'n onbemande voertuig wat ten volle outonomies is en deur middel van 'n lessenaarrekenaar of draagbare tabletkoppelvlak gemonitor en beheer kan word. Dit bied boere toegang tot trekker- en werktuigdata, ongeag waar hulle is. Hulle kan 'n ogie hou oor hul lande vanuit die gerief van hulle bakkie terwyl hulle omsien na hulle vee, of van die huis af - en altyd wanneer nodig. Dit bevorder besluitneming op die regte tyd om bedryfsdoeltreffendheid en produktiwiteit te verhoog. Voorts behou boere volle beheer en eienaarskap van hul data.
'n Skerm met 'n uitgestippelde pad toon die trekker se vordering, 'n ander toon lewende kamerabeelde en bied die gebruiker tot vier beelde in werklike tyd (twee voor en twee agter). Nog 'n skerm sorg vir monitering en wysiging van belangrike masjien- en werktuigparameters soos enjinspoed, brandstofvlakke en werktuigstellings, insluitende saaikoers of afwaartse druk deur die kouters. Die roete na die lande kan ook beplan word indien daar van privaat paaie gebruik gemaak word.
Beheer uit die kantoor
Die NHDrive-konseptrekker is toegerus met 'n saaier en kan die saad van die volgende oes onafhanklik agter die oesmasjien saai. Deur gebruik te maak van 'n applikasie geïnstalleer op 'n draagbare toestel (perfek om toesig te hou oor outomatisering, soos 'n bestuurder wat 'n oesmasjien aandryf) of lessenaarrekenaar (perfek vir die boer wat uit sy plaaskantoor werk), kan die trekker- en werktuigparameters voortdurend gemonitor en beheer word en kan aanpassings gemaak word indien nodig.
Die NHDrive-trekker kan 24 uur per dag, 7 dae per week werk. Dit verminder die risiko's geassosieer met menslike foute, aangesien dit voorafbepaalde en optimale planne vir alle aktiwiteite volg. Dit kan hoër vlakke van produktiwiteit en doeltreffendheid bereik as tradisionele metodes.
Twee trekkers in een: maksimum veelsydigheid
Die NHDrive -trekker kan op voorafgekarteerde privaat paaie ry. "Sê" eenvoudig vir die trekker waarheen om te gaan en wat dit moet doen wanneer hy sy bestemming bereik en die trekker sal aan die werk spring, hetsy op sy eie of in 'n konvooi.
Die New Holland NHDrive -trekker maak volle gebruik van gevorderde PLM-tegnologie (presisie-grondbestuur) vir presisieboerdery. Hierdie oop-aangeslote-slim-ondersteunde-tegnologie is maklik om te gebruik en altyd toeganklik vir alle gebruikers. Dit word ondersteun deur New Holland-spesialiste.
Die NHDrive -trekker kan saam met ander outonome masjiene werk en ook in tandem met bestuurderaangedrewe masjiene.
Danksy 'n kombinasie van radar, LiDAR (afstandmetingslasers) en RGB-kameras kan die NHDrive-trekker 'n wye reeks hindernisse in die veld waarneem. As 'n hindernis waargeneem word, stuur die trekker 'n boodskap aan die interaktiewe koppelvlak en die persoon verantwoordelik vir die boerderybedrywe besluit of en hoe die trekker die hindernis kan vermy of om dit beweeg.
Die outonome NHDrive-konseptrekker verteenwoordig die eerste en uiters belangrike stap na 'n nuwe model van verantwoordelike boerderybestuur op wêreldvlak. By New Holland Agriculture is boerderyvernuwing al vir meer as 120 jaar ons hoofdoel en ons is trots daarop om 'n aktiewe dryfkrag in hierdie belangrike verandering te wees.