
Promosie-artikel:
'n Nuwe boek Practical Veld and Pasture Management for Farmers, is pas uitgereik. Dié boek deur prof. Chris Dannhauser en dr. Jorrie Jordaan, is n vars bries kundigheid oor weidingsbronne.
Die boek is in A4 formaat en beslaan 99 bladsye in volkleur gedruk en is slegs in Engels beskikbaar.
Die is boek weerspieël jare se ervaring om boere, hetsy weiding-, kleinvee-, grootvee- en selfs wildboere, tegemoet te kom met besluitneming oor veldbestuur.
Die boek bestaan uit agt hoofstukke:
Veldbestuur: Diversiteit en plaasbeplanning.
Veldbestuur: Interaksie tussen plant en dier.
Veldbestuur: Potensiaal en assessering van die veld.
Bestuur van die houtagtige komponent en verhoogde drakrag.
Indringerplante.
Aangeplante weidingsgids vir die rooivleisprodusent.
Vestiging van aangeplante weidings en onkruidbeheer.
Die bemesting van aangeplante weidings.
Praktiese aspekte word op 'n verstaanbare en praktiese wyse ingekleur sonder om afbreuk te doen aan enige wetenskaplikheid. Die boek gee ook ‘n duidelike oorsig oor weidingstipes en soorte veld reg deur die land.
Praktiese sake sluit verder in weidingsisteme onderskeidelik vir soet- en suurveld. Drakrag word behoorlik bespreek en deeglik toegelig met kaarte en foto’s. Top-indringerplante word gehanteer onder die nuutste wetgewing wat daarvor geskep is. Brande kry ook genoeg aandag.
Onder aangeplante weidings word aandag geskenk aan nie minder as 19 gewilde gewasse vir alle omstandighede en toestande. Naas vestiging word ook duidelikheid gegee rondom grond, reënval en toepaslike weiding vir die soort dier waarmee geboer word.
Die boek vul 'n leemte wat in die afgelope jare rondom veld- en weidingbestuur ontstaan het vanweë beperkte navorsing en kundiges, wat ook minder word in SA.
Die boek kos R250 en kan van Kejafa bestel word by 011 025 4388.