Mnr. Pierre Vercueil is tydens Suidwes se jaarvergadering as die nuwe voorsitter verkies. Hy neem die leisels by mnr. Fanie van Zyl oor wat vir 25 jaar as deel van die maatskappy se direksie gedien het.
Vercueil het gesê dat Van Zyl die maatskappy deur moeilike jare gelei het. “Dit was tye waar sy uitstekende leierskap en sy vermoë om mense bymekaar te hou, die besigheid gedra en tot groter hoogtes geneem het.”
Vercueil dien sedert 1994 as ‘n direkteur van Suidwes en was vir sowat 14 jaar die ondervoorsitter van die direksie. Mnr. Gert Malherbe as ondervoorsitter aangewys.
25 Augustus 2009