AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Nuwe wedloop om Afrika

Die res van die wêreld het reeds Afrika se potensiaal raakgesien om bio-energie te produseer. Gaan die kontinent betyds wakker word en munt slaan uit dié geleentheid?

Die wêreldwye dors na energie sal nie maklik geles word. Nie met opkomende ekonomieë soos China en Indië wat 'n asembenemende groeikoers handhaaf nie.

China se middelklas neem jaarliks met sowat 150 miljoen mense toe. Dis gelykstaande aan drie Brittanjes per jaar.

Mnr. Andrew Makenete, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Biobrandstofvereniging en bestuurder van groot besighede by Absa, het op die onlangse Saasveld75-simposium gesê die groei in China lei tot 'n reuse-vraag na energie, kommoditeite en produkte en die wêreld moet in daardie behoeftes voorsien.

Volgens hom staan die biobrandstobedryf nog in sy kinderskoene, want eerstegenerasie-biobrandstof is nog aan die orde van die dag. Dit verwys na brandstof wat uit stysel en suiker vervaardig word.

"Namate ons vorder, sal ons na tweedegenerasie-tegnologie beweeg, waar enige vorm van biomassa ingespan sal word. Die uiteinde is derdegenerasie-tegnologie waar produkte soos druiwepitte in energie omgesit sal word. Ons is nog net by die begin, maar sal baie vinnig vorentoe beweeg."

In Europa en Amerika steek 'n nuwe gonswoord met goeie rede kop uit: Bioenergie-sekuriteit. Klimaatsverandering is een oorsaak, en veral Amerika kan nie bekostig om afhanklik te bly van olie uit die oorloggeteisterde wêrelddele nie.

Asië het massiewe energiebehoeftes. As 'n mens Afrika se ligging in ag neem, is die kontinent ideaal om bio-energie vir dié mark te produseer. En die wêreld weet dit.

Destyds het die wêreld geskarrel om Afrika-lande te kolonialiseer, vandag is die nuwe wedloop om Afrika 'n perd van 'n ander kleur.

Die Chinese kyk nie net na lande soos Angola vir biobrandstof nie,maar hulle stel ook belang in Afrika se vermoë om in hul vloeibare energiebehoefte te voldoen en om grondstowwe te voorsien.

In ander wêrelddele is binne 'n kort tydjie massiewe beleggings in bio-energie gemaak. "Europa gaan binnekort 'n hoogtepunt bereik. Hy het nie die grond en hulpbronne om produksie vol te hou nie. Hoewel hy die raamwerk en beleid het, het hy ook 'n natuurlike plafon vir produksie. Dan sal Europa na ander dele van die wêreld moet kyk om hom van bio-energie te voorsien," het Makenete gesê.

"In hierdie kontrei onderskat ons onsself. Afrika suid van die Sahara het die grootste biomassa-potensiaal ter wêreld. Hier kan 'n ongelooflike hoeveelheid energie geproduseer word, maar dit is nog nooit tevore gedoen nie."

Die gebied beskik oor baie grond en arbeid. Wat hy kortkom, is verbeterde landboupraktyke, grootskaalse besproeiing en die doeltreffende verbruik van alle hulpbronne en neweprodukte.

As die kontinent die geleentheid aangryp, is daar belangrike voordele wat saamgaan met die ekonomiese voordele: armoede-verligting, landelike ontwikkeling, benutting van natuurlike hulpbronne en - om terug te keer na die gonswoord - energie-sekuriteit kan gewaarborg word.

Of Afrika egter gereed staan met die potte om die pap te skep, is 'n ander storie."Daar is 'n paar pogings om vooruit te gaan," sê Makenete.

Die Pan-Afrikaanse Nie-Petroleum-vervaardigersvereniging is in 2006 gestig met 12 Afrika-lande as lede. Die vereniging wil die biobrandstobedryf in Afrika 'n hupstoot gee.

Samewerking tussen die Europese Unie (EU), Brasilië, Afrika en Asië kan vir almal van groot waarde wees. Die EU gee die finansi&eumlle en tegniese hulpbronne, Brasilië verskaf wetenskaplike, agronomiese en tegniese kundigheid en Afrika produseer die bio-energie sodat in Asië se massiewe energie-behoeftes voorsien kan word. Dié ooreenkoms is 'n wensituasie vir almal, want dan kan die EU sy energie-voorraad verseker en marginale boere word uit armoede gehelp.

In 2007 het die EU en Brasilië ook hande gevat deur die Brasiliaanse oliemaatskappy Petrobras en die Italiaanse energiemaatskappy Eni SpA. Biobrandstof word na Italië uitgevoer vanaf Mosambiek, Angola en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Brittanje en Nederland financier in Afrika biobrandstofprojekte wat Brasiliaanse tegnologie gebruik.

'n Vennootskap tussen Suid-Afrika en Brasilië wat in 2006 gevorm is, stel dié lande in staat om tegnologie en navorsing oor die omskakeling van suiker in etanol uit te ruil.

"Die hele wêreld sien ons is in staat daartoe om in moeilike omstandighede te funksioneer."

Makenete het ook beklemtoon hoe belangrik 'n wetlike raamwerk is om te voorkom dat hernieubare hulpbronne uitgeput word. "As jy nie 'n wetlike raamwerk het wat ondersteun wat jy doen nie, gaan jy misluk."

Sy wenresep is as volg: "Kom die reels van die land en die Regering na en volg die natuur se eie re&eumlls."

Bio-brandstof die oorsaak van voedselinflasie?

Mnr. Tito Mboweni, die president van die Reserwebank, het onlangs gewaarsku teen die gebruik van mielies om etanol te produseer, want dit sal tot voedselinflasie bydra.

Mnr. Andrew Makenete, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Biobrandstofvereniging, het dié siening as "simplisties" afgemaak. Hy beveel aan dat Suid-Afrika nie net een gewas gebruik om etanol te produseer nie. Boere moet toelaat wod om uit 'n verskeidenheid gewasse te kies, na gelang van die agro-ekonomiese faktore en die behoefte om vervoerkoste te beperk.

Volgens Makenete is vervoerkoste 'n etanol-aanleg se grootste uitgawe naas voermateriaalkoste. Om lewensvatbaar te wees, moet 'n aanleg dus só geleë wees dat die koste om etanol-voerstof na die aanleg te bring én om die etanol weg te ry so min as moontlik is.

Makenete haal die jongste landbou-vooruitskouing vir 2007 tot 2016 aan. Hierin word aangevoer 'n kombinasie van faktore dra gelyktydig by tot ho&eumlr pryse vir landbouprodukte, en gevolglik ook voedselinflasie. Dit sluit in laer voorrade (weens beleidsveranderinge in die Europese Unie en Amerika), ho&eumlr vraag (veral van China en Indië), droogte en gebreke in die mark.

Landoubweekblad, 9 November 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.7%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
986.85
+1.9%
Palladium
1,415.83
+0.3%
Goud
1,982.17
-0.4%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie rustige persoon
Ek is n baie still person. Ek hou nie baie van uit gaan laat in die nag nie. Maar ek kuier lekker by my friende. Ek word gou omgepraat om dinge saam met hulle te doen
"Soft soul" wat elke oomblik vd lewe waardeer en geniet
Ek is 'n "soft soul" wat glo daar is nog goeie mans wat my passie vir die lewe, liefde vir kinders, familie, vriende, die natuur, sport en natuurlik 'n...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot