
Hoewel dit nog té vroeg is om te sê, blyk dit asof olyfproduksie daal weens ongunstige klimaatsomstandighede aan die begin van die jaar.
Mnr. Nick Wilkinson, voorsitter van SA Olive, sê dat die vooruitskatting van ’n kleiner oes vir vanjaar die pryse vir olie en tafelolywe in die plaaslike mark opstoot.
Pryse het internasionaal ook verstewig, maar Wilkinson meen dit is nog te vroeg om enige uitspraak te lewer, aangesien sommige lande in die Noordelike Halfrond nou eers hul oeste inbring.
Volgens Wilkinson is Suid-Afrika afhanklik van die invoer van olywe. Ongeveer twee derdes van Suid-Afrikaanse olyfolie word tans ingevoer.