AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Onteiening: Is plaaswerkers uitgelewer?

AfriSake meen die nuwe Onteieningswetsontwerp kan plaaswerkers benadeel.

Die voorgestelde Onteieningswetsontwerp wat voor die einde van die jaar op die wetboek geplaas kan word, is minder rooskleurig vir plaaswerkers en plaasbewoners as wat dit op die oog af lyk, meen dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Instituut vir Rassebetrekkinge.

AfriSake steun Jeffery se standpunt en het drie van die land se voorste advokate opdrag gegee om regsmenings oor dié Wetsontwerp se grondwetlikheid en moontlike aanvegbaarheid vir AfriSake te skryf.

Die Onteieningswetsontwerp is reeds deur die Nasionale Vergadering goedgekeur en die Nasionale Raad van Provinsies is tans besig met ’n openbare deelnameproses in elke provinsie ten einde 'n mandaat te formuleer wanneer finaal daaroor besluit moet word.

Jeffery sê daar is ’n moontlikheid dat die wetsontwerp ook na die Huis van Tradisionele Leiers (Contralesa) vir konsultasie verwys sal word. Volgens Pieterse sal die regerende party egter hul bes probeer om die wetsontwerp voor die aanvang van die munisipale verkiesings op 3 Augustus 2016 in die wetboek te plaas.

Me. Annelize Crosby, regs- en beleidsadviseur by Agri SA, sê die bestaande wet maak net voorsiening vir die onteiening van bestaande regte met betrekking tot vaste eiendom.

Bo en behalwe eiendomsreg sluit dit, byvoorbeeld, ook serwitute, langtermyn-huurooreenkomste en vruggebruik in. Dié soort regte is in die aktekantoor geregistreer en as die eiendom van hande verwissel, word die nuwe eienaar ook daardeur gebind. Hy moet byvoorbeeld die serwituut wat ’n buurman die reg gee om ’n pad oor sy plaas te gebruik, eerbiedig.

Die Onteieningswetsontwerp maak vir die eerste keer voorsiening vir die onteiening van ongeregistreerde regte. Dit is tipies die regte van plaaswerkers en hul families om op die plaas te woon en hul vee daar te laat wei. Crosby sê as die wetsontwerp goedgekeur word, sal houers van sulke regte vir die eerste keer ook geregtig wees op vergoeding as die eiendom onteien word, maar dit is nie heeltemal duidelik hoe die vergoeding sal werk nie.

Daar is ’n verpligting op die grondeienaar om, wanneer hy ’n onteieningskennisgewing ontvang, die onteieningsliggaam van die bestaan van sulke regte in kennis te stel, in so verre hy daarvan kennis dra. Die afleiding wat gemaak kan word, is dat die onteieningsliggaam dan direk met die houers van ongeregistreerde regte (die werkers) oor vergoeding sal onderhandel.

Crosby sê die verpligting om nou ook hierdie belangegroep te vergoed, behoort nie die bedrag wat die plaaseienaar as vergoeding ontvang, te raak nie. Die eienaar is geregtig op billike en regverdige vergoeding wat gegrond is op die waardasie van sy eiendom en dié reg word in die Grondwet gewaarborg. “Dit kan egter wel die Regering se begroting vir grondonteiening raak.”

Sy is nie bekommerd dat die onteiening langer gaan sloer weens die bykomende proses met betrekking tot ongeregistreerde regte nie, die spertye word duidelik in die wetsontwerp uitgespel.

Jeffrey sê ongeregistreerde regte – die regte van plaasbewoners – word outomaties beëindig op die datum van onteiening wat op die onteieningskennisgewing aangedui word. “Die reg op okkupasie kom tot ’n einde wanneer die nuwe eienaar besit neem,” sê sy. Dit is egter moontlik, en in die praktyk gebeur dit dikwels, dat die onteieningsowerheid die regte mag verleng en die plaasbewoners toelaat om langer op die grond aan te bly.

Jeffrey meen egter plaasbewoners se reg op vergoeding beteken nie veel nie. Vergoeding word bereken op grond van die markwaarde van die reg met inagneming van verskeie faktore, waaronder die doel van die onteiening, die geskiedenis van die verkryging van die eiendom, of die staat voorheen subsidies in dié verband verleen het, en die gebruik van die grond.

“Hulle kan op die ou end baie min uitkry,” sê sy, omdat die ongeregistreerde regte nie werklik in die mark waarde het nie en dit is nie werklik verhandelbaar nie," aldus Jeffery. Sy meen verder dit sou meer billik wees om plaasbewoners vir werklike, direkte verliese, soos verhuisingskoste en vergoeding vir werksverliese, te vergoed. “Hulle moet ander blyplek kry en kan hul vee verloor. Die wetsontwerp is in stryd met bepalings van die Grondwet wat beskerming teen uitsetting uit ’n mens se woning bied,” meen sy.

Die verband tussen die wetsontwerp en die sogenaamde Esta-wet is ook nie duidelik nie, sê Jeffery. Die “Extension of Tenure Act” (Esta) beskerm wettige okkupeerders van landbougrond teen uitsetting. “Boere kan plaaswerkers nie uitsit sonder om aan verskeie vereistes te voldoen nie. Die nuwe wetsontwerp maak nie voorsiening vir soortgelyke prosesse wanneer ’n plaas onteien word nie," sê sy.

Jeffery sê in die openbare diskoers is daar tans baie min fokus op die weerloosheid van plaasbewoners, sou die wetsontwerp goedgekeur word. Sy het pas een van die openbare verhore van die Nasionale Raad van Provinsies bygewoon en dit het hoegenaamd nie daar ter sprake gekom nie. Sy sê as die wetsontwerp vir konsultasie na Contralesa verwys word, kan dit langer as verwag duur voor dit finaal goedgekeur en van krag gemaak word. “Hoe dit ook al sy, daar is tans nog ’n beperkte geleentheid om veranderinge aan te bring,” sê sy.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê dié organisasie is baie bekommerd oor, wat hy noem, die “diskriminerende aard” van die Onteieningswetsontwerp en Esta. Hy sê ’n werknemer wat 30 jaar in ’n weermaghuis bly, vestig nie regte in die eiendom nie en vra waarom plaaswerkers oor 'n ander kam geskeer word. “Boonop is nie net die werkers self nie, maar die breër families ook hier ter sprake. Om op so ’n wyse regte op plaasgrond aan plaaswerkers te gee, is soos om ‘deel van ’n fabriek’ af te staan,” sê hy.

Van Zyl sê verder dit is nie duidelik tot watter mate die Regering plaasbewoners se regte gaan eer en hulle met onteiening gaan vergoed as die wetsontwerp aanvaar word nie. “Die bepalings in die Onteieningswetsontwerp is nie volhoubaar nie. Dit vestig regte vir mense wat vir hulle niks beteken nie. Die werkers word vir die wolwe gegooi. Die Regering is nie eerlik met die mense nie,” sê hy.

Hy meen dit is ook die geval wanneer die Regering versuim om die grond se titelakte aan begunstigdes van onteiening te oorhandig. Die begunstigdes kan as gevolg daarvan nie finansiering vir hul boerderybedrywighede kry nie. “Die mense sit in ’n dodeakker en kan nie daar uitkom nie,” sê Van Zyl.

“Ons kan nie die wetsontwerp aanveg omdat dit nog nie wetlike status het nie, maar berei ons voor om verskeie aspekte hierbo in die hof te beveg wanneer die wetsontwerp finaal deur die President goedgekeur en afgeteken word,” sê Afrisake.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot