
Promosie-artikel:
Agriskills: Wie is ons?
Opleidingsorganisasie.
Ons bied opleiding by jou werksplek.
Ons is nie 'n tradisionele kollege met geboue nie.
Ons werk saam met nieregeringsorganisasies (NRO's) en ander organisasies wat geriewe verskaf.
Ons werk saam met kundiges op vakgebiede.
Wat bied ons:
Opleiding op jou perseel vir groepe.
Afstandsonderrig.
Kort kursusse soos vereis.
Gesondheids- en veiligheidsopleiding en evaluasie.
Alle aspekte van die landboubedryf en verwante onderwerpe.
Ons opleiding is gebaseer op bewaringsboerdery en organiese produksie waar nodig.
Bystand met vaardigheidsontwikkelingsplanne.
Die materiaal is generies, maar ons kan dit pasmaak vir die behoeftes van die kliënt.
Koste en befondsing:
Ons pryse is in ooreenstemming met AgriSETA- en huidige markpryse.
Indien ons befondsing vir projekte vind, bied ons dit aan groepe wat dit nodig het.
Inskrywingsvereistes - wie kwalifiseer vir hierdie opleiding:
Dit hang af van die vlak van opleiding waarvoor die leerder aansoek doen.
Ons kan bystand bied op laer vlakke aan leerders wat nie kan skryf nie.
Ons kan bystand bied met erkenning van voorafleer aan persone wat al lank in die bedryf is.
Nuwe toetreders tot die bedryf.
In 2004 gestig
Die besigheid is in 2004 gestig vir opleiding hoofsaaklik in die landboubedryf. Ons fokus op vaardigheidsontwikkeling nasionaal, asook gemeenskapsontwikkeling. Ons is ten volle geakkrediteer by AgriSETA, met volle kwalifikasies in primêre landbou, sekondêre landbou, pluimvee, tuinboukunde, gesondheid en veiligheid en dierewelvaart en bied ook verskeie vaardigheidsprogramme in hierdie velde. Akkreditasienr.: AGRIC/C PROV/0086/06.
Ons hoofkantoor is in Groenkloof, Tshwane, vanwaar ons opleidingsdienste gekoördineer word vir vennote in alle provinsies. Die meeste van die opleiding word op die kliënt se perseel gedoen.
Al ons leermateriaal word ontwikkel op die SAQA-stelsel en volgens die nasionale kwalifikasieraamwerk.
Ons het die vermoë om leerlingskap in die landboubedryf en ander studierigtings te bied en het al 'n aansienlike aantal leerders opgelei. Ons fokus spesiaal op gemeenskappe en het 'n kursus, "boer saam", wat spesifiek gemik is op die opleiding van koöperasies.
AgriSkills Transfer beskik oor die vermoë en infrastruktuur om rekords by te hou en 'n administratiewe stelsel in stand te hou. Ons hou ook bewyse van die leerder se werk as deel van ons basiese gehaltebestuurstelsel, sodat die opleiding doeltreffend geoudit kan word.
Ons personeel is ervare ontwikkelaars van leermateriaal en is almal gekwalifiseerde assessore en fasiliteerders. Waar nodig bied ons kursusse in die voorkeurtaal aan.
Ons het al gewerk vir verskeie groot organisasies soos Missio Austria en agente van ADA en Santam.
Kontak ons:
Agriskills Transfer
Webwerf: www.agriskills.net
Tel: 012 460 9585
E-pos: danie@agriskills.net