
Die webwerf www.harvestdirect.co.za is nuut op die web en is die enigste van sy soort. Die webwerf skep ‘n bemarkingsfunksie waar boere hulle vars produkte (groente en vrugte) eksklusief aan die groter winkelgroepe (kleinhandelaars) van Suid Afrika kan bemark.
Dit is ‘n passiewe vorm van bemarking waar boere hulle besonderhede en produkte op die webwerf registreer. Die boer maak gebruik van vooruitgeskatte hoeveelhede wanneer hulle hul produkte registreer.
Die winkelgroep het dus die opsie om die boer vooraf te nader om ooreen te kom oor pryse, verpakking, vervoer en kwaliteitsvereistes. Die boer kan ook gebruik maak van vaste hoeveelhede, want in seker gevalle moet die winkelgroepe tekorte aanvul.
Vir die winkelgroepe verskaf die webwerf ‘n platform van waar hulle varsprodukte divisies die boer se produkte en kontakbesonderhede kan verkry, sodat hulle hul beplanning en verkryging daarvolgens kan doen.
Slegs die winkelgroepe wat geregistreer is by Harvest Direct het toegang tot die boere se inligting. Om suksesvol te wees in die binnelandse varsproduktebedryf verg dit soms dat die boer sy benadering moet hersien.
Tradisioneel is vrugte- en groenteboere se fokus om varsprodukte te produseer om te verkoop, dus `n produksiebenadering. Die innoverende boer leer om te produseer wat hy kan verkoop of wat die koper benodig (bemarkingsbenadering), eerder as om ‘n koper te vind vir produkte wat hy/sy alreeds geproduseer het.
Hierdie benadering word deur Harvest Direct beklemtoon. Met die bemarkingsbenadering leer die boer sy kliënte (winkelgroepe) en hul behoeftes beter ken, voordat hy/sy plant of oes. Die boer leer ken dus die varsprodukte-aankopers, distribusiepunte en hulle kwaliteitsvereistes.
Wanneer die boer gebruik maak van hierdie tipe benadering, is dit altyd belangrik dat die boer in ag sal neem dat die produk gesien moet word as sy/haar produk, vanaf die oes regdeur tot op die verbruiker se bord.
Hoe werk die webwerf?
Die boer gaan op die webwerf in waar hy/sy die registrasieblad sal vind. Die boer vul dan sy/haar besonderhede en produkinligting in en voltooi dan die proses deur vir die subskripsieperiode wat hy/sy verkies, te betaal. Die produkinligting sal dan op die produkblad van die webwerf verskyn.
Die winkelgroepe se varsprodukte-aankopers teken op die webwerf in. Dit gee hulle die geleentheid om die boer se besonderhede te besigtig wanneer hulle op die “View detail”- knoppies klik op die produkte-blad.
Aansluiting
Boere kan maandeliks of jaarliks aansluit by die webwerf.
Die boere sal hulle eie intekennaam en -kode kan gebruik om in te teken en enige veranderings aan te bring aan hulle besonderhede en produkinligting gedurende die subskripsietyperk waarvoor hy/sy aangesluit het.
Die boer kan dus produkte bysit of afhaal soos die seisoen verander en inligting van sy/haar boerdery verander. Voordele vir die boer Harvest Direct skep ‘n alternatief vir die boer om sy produkte op ‘n passiewe wyse aan die winkelgroepe te bemark.
Die winkelgroepe sal self die boer nader, sodra die vraag na ‘n spesifieke produk verhoog. As die boer wel van hierdie bemarkingsmetode gebruik maak, bied dit hom die opsie om ‘n sorgvuldige besluit te neem en vergelykings te maak met dit wat ‘n winkelgroep hom bied en dit wat ander instansies hom bied.
Die webwerf sal ook alle vorme van kommunikasie tussen die boer en ‘n winkelgroep bevorder en sal te alle tye die boer bystaan indien hy hulp benodig.
Hoekom die winkelgroepe gebruik maak van die webwerf?
Omdat winkelgroepe altyd daarna streef om uit te brei en te vergroot, is daar altyd ‘n aanvraag en tekorte wat aangevul moet word. Soms toets winkelgroepe die mark vir nuwe produkte, wat ook sal help met die bemarking van boere wat eksotiese en organiese vrugte en groente produseer.
Webtuiste-ontwerper en -ontwikkelaar
Webontwerper: Adri Smit (doenit.net).
Web-ontwikkelaar: Herman Strauss, (HS web design)
Stigter en webtuistebestuurder
Petrus Hanekom: "Die rede waarom ek die webwerf begin het: Daar is ‘n behoefte by boere om hulle varsprodukte direk aan winkelgroepe te bemark. Die konsep is gebaseer op die ‘bemarkingsbenadering’ wat daarop neerkom dat die boer eers ‘n koper vir sy produkte moet kry voordat hy plant of oes. Met Harvest Direct word presies hierdie opsie vir die boer geskep."
Vir meer inligting kontak Petrus Hanekom by 082 301 8679 of stuur e-pos na pjhanekom@harvestdirect.co.za.