Waarom hierdie bespreking? Die antwoord is voor die hand liggend: aan die einde van hul produksiesiklus raak melkkoeie uitskotdiere en eindig hul vleis in die voedselketting.
Melkprodusente kan help verseker dat verbruikers vleisprodukte geniet wat konsekwent veilig, sag en gesond is. Die punte hieronder sal produsente help om die risiko van medisinale residu en inspuitmerke aan die karkas te minimaliseer.
Elke produsent het die geleentheid en die verantwoordelikheid om stappe te neem om te verseker dat die vleis wat ons eet veilig, gesond en sag is. Voordele sluit verbeterde dierewelstand, die vermyding van medisinale residu en gehaltegebreke, laer produksiekoste en verhoogde bewustheid van die bekommernisse rakende voedselveiligheid in. Pfizer het 'n leidende rol ingeneem om pogings om vleisgehalte te verseker te ondersteun en te bevorder.
Hier is 'n paar punte om jou te help om hierdie hoë inentingstandaarde te handhaaf:
Kies die regte produkte:
- Kies slegs produkte wat gelisensieer is onder Wet 36/1947 of Wet 101/1965, gerugsteun deur volle maatskappy-ondersteuning.
Moenie entstowwe meng nie:
- Gebruik slegs goedgekeurde kombinasies.
Lees die etiket.
Lees en volg hierdie instruksies:
- Dosering, tydmeting, toedieningsroete, waarskuwings, berging, onttrekkingstydperk, wegdoening, raklewe en indikasies.
Gebruik oordragnaalde om produkte ten volle te saam te stel.
Moenie te veel meng nie:
- Meng net genoeg entstof vir een uur se gebruik of minder om maksimum doeltreffendheid te verkry.
- Moenie oorblywende entstowwe bêre om later te gebruik nie.
Hou aan meng. Skud groot, veeldosis-entstofbottels van tyd tot tyd, sodat die inhoud nie afsak nie.
Merk en skei spuite:
- Gebruik verskillende spuite vir lewende, gewysigde entstowwe en dooie entstowwe.
- Merk dit met verf of kleurbande om dit apart te hou.
Moenie ontsmettingsmiddels saam met lewende, gewysigde entstowwe gebruik nie:
- Gebruik slegs warm water om lewende, gewysigde entstofspuite skoon te maak.
Kry die lug uit:
- Pomp die spuit liggies om alle lug uit te laat en die entstof tot in die naaldpunt te bring.
Maak diere bymekaar en hou hulle behoorlik in toom.
Kies die beste roete:
- Onderhuidse inspuitings (net onder die vel), is die voorkeurroete, waar moontlik.
- Produkte gemerk IM (binnespiers) moet in die nek gegee word.
Kies die beste plek:
- Gee alle inspuitings bokant die skouer.
- Die nek is die voorkeurplek.
- Moet nooit in die bokant van die boud inspuit nie.
Kies die regte naald:
- 16- of 18-gaas.
- 25 tot 30 mm lank.
Gebruik 'n behoorlike inspuittegniek:
- Gee onderhuidse inspuitings teen 'n hoek net onder die vel of in 'n velvou wat weggetrek is van die lyf.
- Dien binnespierse inspuitings toe met 'n toepaslike grootte naald.
- Hou inspuitplekke minstens 100 mm uitmekaar.
Plaas inplantings behoorlik:
- Plaas op die agterkant van die oor, tussen vel en kraakbeen, in die middelste derde van die oor.
Vermy velskade:
- Vermy groot of ander onvanpaste brandmerke.
Sanitasie is belangrik:
- Moenie dieselfde naald wat jy gebruik om mee in te spuit, in die entstofbottel terugdruk nie.
- Vervang naalde dikwels (minstens na elke 10 tot 15 gebruike).
- Gooi beskadigde naalde weg.
- Gebruik weggooibare naalde.
- Vermy vuil of nat inspuitplekke.
- Maak oordragnaalde gereeld skoon met warm water.
- Ontsmet naalde tussen inspuitings wanneer jy dooie entstowwe gebruik.
21 Julie 2008
Vir meer inligting, nader jou plaaslike kuddeveearts of die skrywer by e-pos: chris.vandijk@pfizer.com.