AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Puik nuwelinge vir droog, inlêvrugte

Verskeie belowende nuwe droë- en inmaakvrugtekultivars is aan die kom, waarvan 'n aantal moontlik volgende jaar al vrygestel kan word vir kommersiële aanplantings.

Verskeie belowende nuwe droë- en inmaakvrugtekultivars is aan die kom, waarvan 'n aantal moontlik volgende jaar al vrygestel kan word vir kommersiële aanplantings.

Altesaam 30 voorbeelde van 12 appelkoos-, taaipit- en lospitperske-kultivars asook geelskilnektarienkultivars vir droging is vanjaar vir fase 2-evaluasie voorgelê, asook 58 monsters van 18 appelkoos- en geel en wit taaipitperske-kultivars vir die inmaakbedryf.

Aan 'n hele aantal van dié seleksies is besonder hoë fase 2-evaluasiepersentasiepunte toegeken, en van hulle sal waarskynlik vroeg volgende jaar vir kommersiële aanplanting beskikbaar wees, sê mnr. Chris Smith, 'n steenvrugteler en -evalueerder by die LNR-Infruitec-Nietvoorbij op Stellenbosch.

Met die uitsondering van een kultivar is ál dié seleksies plaaslik geteel en die eiendom van dié instituut.

Hy sê fase 3 is die evaluasie-stadium van 'n potensiële nuwe kommersiële kultivar. Boere word toegelaat om tot 5 000 bome daarvan te plant sodat die grootmaat-hantering van die vrugte finaal geëvalueer kan word. As dit in dié stadium bevredigend bevind word, word finale vrystelling in die bedryf oorweeg.

Mnr. Smith beklemtoon egter dat fase 3 beslis nog nie 'n kommersiële fase is nie, maar 'n drieledige samewerkingsooreenkoms tussen navorsers, boere en bemarkers. Fase 3 moet dus steeds as primêr 'n evaluasiefase gesien word. Boere wat 'n nuwe kultivar in dié fase wil plant, moet met die eienaars 'n ooreenkoms beding wat die hantering en bemarking van sulke vrugte betref. Eers wanneer die kultivar kommersieel vrygestel word, verval die ooreenkoms en die gewone riglyne kom in werking.

Hy sê fase 1 is die telingsfase op die proefplaas Bien Donné naby die Paarl. In dié fase word enkel-saailinge geplant en visueel geselekteer. Fase 2 bestaan uit aanplantings van ses bome uit elke seleksie in verskillende klimaatsgebiede (Bien Donné en Robertson). Droog- en inmaakevaluasies word gedoen, en as die seleksies twee jaar of langer goed gepresteer het, word aanbeveel dat dit tot fase 3 bevorder word.

Appelkose

Mnr. Smith het 'n paar van die belowendste fase 2-seleksies bespreek wat waarskynlik binnekort vir semi-kommersiële aanplanting aanbeveel sal word:

  • 58-EF-33 is 'n aprium, 'n kruising tussen 'n appelkoos en pruim wat weer teruggekruis is na 'n appelkoos. Dit is die enigste ingevoerde seleksie en kom uit Amerika. Dit het die afgelope twee seisoene uitstekend gedroog en 'n paneel, bestaande uit LNR-Infruitec-Nietvoorbij-navorsers en verteenwoordigers van die droëvrugtebedryf, het dit 'n gemiddelde droogpersentasie van 75 oor die laaste drie jaar gegee. Die kleur is rooi/oranje, soos die Royal-appelkoos. Dit het 'n gemiddelde suikerinhoud van 16 TOVS (totale oplosbare vaste stowwe) oor drie seisoene in die Robertsongebied gelewer. Dit word saam met Cape Bebeco-appelkose geoes: Van begin tot middel Desember. Die bome blom in die eerste week van September.

  • 58-EF-33 is reeds vir semi-kommersiële vrystelling aanbeveel, en dit sal na verwagting vanjaar reeds toegestaan word. Die agent van dié kultivar in Suid-Afrika is die SA Planteverbeteringsorganisasie (SAPO).
  • S5A-2-4 is 'n appelkoos wat begin Desember ryp word, na aan die bekende Bulida-kultivar. Blomtyd is die eerste week van September. Die gemiddelde suikergehalte oor vier jaar is 16 TOVS, en die beoordelingspaneel het 71 % daaraan toegeken. Mnr. Smith meen dié seleksie is uitstekend vir droog.
  • AP94-34 se oestyd stem ooreen met dié van Supergold, naamlik middel November. Die gemiddelde suikergehalte oor vier jaar is 14 TOVS, en die paneel het 'n persentasie van 74 daaraan gegee. Dié seleksie leen hom ook uitstekend vir inmaak.

Geelskil-perskes

'n Heel nuwe generasie geelskil-perskeseleksies (soos Sunsweet) is ook geëvalueer vir die droëvrugtebedryf, sê mnr. Smith. Die rede daarvoor is dat dit nie rooikleurig om die pitholtes is nie, en geen rooi kom aan die skil voor nie, wat dit dus baie mooi laat droog.

  • PE94-28 is 'n droog-perskeseleksie, wat in die Robertsongebied geëvalueer is. Dit word in die eerste week van Januarie geoes saam met die kultivar Sunsweet. Die gemiddelde suikergehalte is 14 TOVS, en die gemiddelde evaluasiepunt wat die paneel daaraan gegee het, is 'n formidabele 80 % oor drie jaar. In die laaste seisoen is 91 % daaraan toegeken.

  • PE94-31 is 'n perskeseleksie wat in die laaste week van Desember geoes word. Die gemiddelde suikergehalte oor drie jaar was 15 TOVS, en die paneel het gemiddeld 81 % oor vier seisoene daaraan toegeken - in die laaste jaar was dit 85 %.
  • PE94-27 is die afgelope vier jaar in die Robertsongebied geëvalueer en het 'n gemiddelde suikergehalte van 13 TOVS oor dié tydperk getoon. Die paneel het 'n persentasie van 73 daaraan gegee. Oestyd is die laaste week van Desember.
  • PE94-29 word in die laaste week van Desember en eerste week in Januarie geoes. Die paneel het aan dié perskeseleksie 81 % toegeken, en die gemiddelde suikerinhoud is 15 TOVS.

Mnr. Smith sê nuwegenerasie-nektariens vir droging is op Bien Donné geëvalueer waarvan een spesifieke seleksie hom besonder opgewonde maak.

17C-13-24 word middel Desember geoes, wat saamval met die oestyd van die bekende Margaret's Pride. Die gemiddelde suikergehalte oor vier jaar is 'n besonder goeie 17 TOVS en in een van die evaluasiejare is 'n verbysterende 20 TOVS behaal. 17C-13-24 lewer 'n besonder aantreklike heldergeel-oranje gedroogde produk. Die eetgehalte is uitstekend, en na verwagting sal dié seleksie 'n beroering in die droëvrugtebedryf veroorsaak.

Inmaak-seleksies

Van die voorbeelde van 18 kultivars geel en wit taaipitperskes en appelkose het 'n groot aantal meer as 70 % behaal. Die paneel beoordelaars het bestaan uit navorsers van die LNR-Infruitec-Nietvoorbij en 'n spesiale groep kenners uit die inmaakbedryf.

  • PE94-33, 'n geelperske wat in die Robertsongebied geëvalueer is, het gemiddeld 78 % van die paneel gekry. Dit word in die laaste week van Desember geoes, ongeveer dieselfde tyd as die bekende Oom Sarel. Die groeiwyse van die boom is semi-regop teenoor Oom Sarel se meer spreiende groeiwyse. Die gemiddelde suikergehalte oor vier jaar was 14 TOVS.

  • PE95-59, met 'n suikergehalte van 13 TOVS, is ook 'n geelskil-perske wat in die Robertsongebied geëvalueer is. Die beoordelingspaneel het dit gemiddeld 77 % oor vier jaar gegee. Dit word aan die einde van Januarie geoes, net ná Neethling.
  • PE95-62 is ook 'n geelskilperske wat by Robertson geëvalueer is, en net mooi die gaping vul tussen Neethling en Kakamas (soos ook PE95-59). Mnr. Smith meen dit sal 'n welkome nuweling wees vir die inmaakbedryf in 'n voorheen "leë" tydperk (middel Januarie tot die eerste week van Februarie). PE95-62 se gemiddelde suikerinhoud was 14 TOVS en 77 % is in die evaluering daaraan toegeken.

Hy sê daar is reeds aansoek by die Departement van Landbou gedoen vir planttelersregte vir PE95-59 en PE95-62, en die verwagting is dat albei binne twee jaar kommersieel vrygestel sal word.

Daar is ook 'n redelik unieke inmaakperske met wit vleis geëvalueer: PE94-42, wat by Bien Donné geëvalueer is, word in die derde week van Januarie geoes (soos Keisie). Die gemiddelde suikerinhoud is 15 TOVS, en die beoordelaars het 67 % daaraan toegeken.

Wat inmaak-appelkose betref, het twee seleksies taamlik beïndruk, sê mnr. Smith. Hulle is:

  • AP93-11, wat in die Robertsongebied geëvalueer is, word in weke 46 en 47 (saam met Supergold) ge-oes. Die gemiddelde suikerinhoud oor vier jaar was 13 TOVS, en die paneel het 69 % daaraan toegeken. Dit is ook geskik vir uitvoer as vars vrugte.

  • AP94-34 (ook bespreek as 'n droogappelkoos) is uitstekend vir inmaak. Die paneel het 73 % daaraan toegeken.

Mnr. Smith sê boere wat van bogenoemde seleksies semi-kommersieel wil plant, moet teen November vanjaar hul aansoeke aan hom rig. Hy kan bereik word by tel. 021 809 3364 en 083 631 2306, en e-pos chriss@infruit.agric.za.

25 Oktober 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot