
Daar is twee kategorieë, elk met R5 000 prysgeld:
(1) Die grootste pampoen;
(2) Die grootste groente.
Om in te skryf, stuur ’n foto of beskrywing van jou groente aan: competitions@randshow.co.za. Daar sal van jou verwag word om jou produk by die Randse Skou-kantore te lewer op Donderdag, 24 Maart, tussen 09:00 en 16:00. Jy sal ook vyf komplimentêre kaartjies na die 2016-Randse Skou ontvang.