
Promosie-artikel:
Ritz Dropper bestaan al agt jaar en is 'n geregistreerde handelsmerk. Die huidige eienaars van Ritz Dropper het die aanleg oorgekoop van die mense wat dié konsep ontwikkel het.
Vanaf oorname in 2015 word die Ritz Dropper in die omgewing van Carletonville vervaardig. Ritz Dropper het die afgelope 13 maande geleidelik heelwat veranderings ondergaan in terme van struktuur, infrastruktuur en bedrywighede.
Ritz Dropper het nooit vantevore by handelstakke van koöperasies en ander omheiningsagente afgelaai nie en is trots om te sê dat hy vir al sy plaaslike kliënte meeste van hul produkte by dié handelstakke lewer.
Ritz Dropper is by 'n groot deel van die koöperasies geregistreer as 'n verskaffer, en hy lewer ook sy produk aan 'n groot deel van die omheiningsagente en staalhandelaars.
Produk-agtergrond
Die Ritz Dropper is oorsronklik ontwikkel as 'n goedkoper alternatief tot die tradisionele dropper-reeks wat beskikbaar is. Maar sou die boer mooi oor die saak dink, besef hy gou dat die doel van 'n dropper tydens draadspan nie is om die heining bo te hou nie, dis tog waarvoor ons trek pale en Ysterpale (soos dit bekend is) gebuik, die dropper se doel is om die fisiese drade uitmekaar en stewig te hou.
Verder veroorsaak die dropper ook dat die beweegruimte tussen droppers kleiner word en 'n dier dus moeiliker deur die draad klim. Dus met die Ritz Dropper se gleuwe aan die voorkant en pennetjies aan die agterkant word die draad stewig op sy plek gehou nadat dit behoorlik aan die dropper vasgemaak is, dus kan die draad nie op of af beweeg nie. Die afleiding wat hiervan gemaak word is dat die Ritz Dropper die werk van 'n dropper net so goed doen as enige ander dropper. Die voordeel wat die boer hieruit trek is dat dit goedkoper is. (Sien aanhangsel hieronder.)
Ons dropper weeg 400g per meter en is dus aansienlik ligter as tradisionele droppers, maar dit bestaan steeds uit 'n soliede struktuur wat gegleuf is op die een kant en ander kant is daar pennetjies. Die dropper se kwaliteit is van uitstaande gehalte, omdat die dropper koud gevorm word en 'n mate van verharding plaasvind in die proses is dit nie meer gewone yster soos die rou materiaal nie. Verder in die geval waar die dropper buig kan dit maklik weer reguit geslaan word en omdat die materiaalsamestelling verskil van die tradisionele dropper is dié dropper nie geneig om te breek nie.
Ritz Dropper maak ook 'n swaarder 'Maxi'-dropper wat meer vergelyk in gewig met die ander droppers op die mark.
Die Ritz Dropper is standaard in 1,25m, 1,4m, 1,85m en 2,45m beskikbaar, maar ons aanleg is van só 'n aard dat ons enige tyd enige lengte vir 'n kliënt kan vervaardig, dus is ons te vinde vir spesiale versoeke.
Die Ritz Dropper word in 'n teer-basisverf gedoop en daarna gedroog.
Die Ritz Dropper se prys wissel van 15% tot 25% goedkoper as ander droppers, afhangende van die handelaar.
Ritz Dropper in die toekoms en ander bedrywighede:
Die eienaars van Ritz Dropper sien die besigheid tans as 'n vervaardiger van kwaliteitprodukte wat 'n klien maar belangrike rol speel in die volhoubaarheid van die landbou, maar spesifiek veeboerdery in Suid-Afrika.
Ritz Dropper het ook onlangs begin om hekke te vervaardig, waar die doel weer eens goeie kwaliteit, uitstekende diens en bekostigbaarheid is. Hierdie hekke is reeds beskikbaar aan al die kliënte wat Ritz Dropper tans diens.
Die langtermyn doel van Ritz Dropper is om in elke winkel wat omheiningsmateriaal versprei en verkoop, beskikbaar te wees.
Ritz Dropper se infrastruktuur is van só aard dat ons op enige gegewe tyd meer voorraad dra as wat enige van ons kliënte in 'n 90 dae siklus op een slag sal koop. Dus is daar min of meer altyd voorraad van 'n produk.
* Nader jou omheiningsagent of verspreider vir meer inligting en pryse.