
Promosie-artikel:
Die moontlikheid van ’n afgradering van Suid-Afrika se soewereine skuld na rommelstatus in Desember 2016 deur Moody’s, laat plaaslike beleggers lig slaap.
Een manier om te kyk na wat die mark se gevoel is oor die aangeleentheid, is om te kyk hoeveel dit kos om Suid-Afrika se soewereine skuld te verseker. Die instrument waarna gekyk word, staan bekend as ’n “credit default swap (CDS)”. ’n CDS wys hoeveel basispunte ’n land gevra word om sy skuld te verseker.
Dit doen basies ’n vergelyking tussen die gegewe land se skuld (die 10 jaar-staatseffekte in die huidige geval), en die VSA se skuld, die sogenaamde “reference loan”. Die verskil in basispunte staan dan bekend as die “CDS spread”, of die premie wat daar op ’n gegewe land se skuldversekering gehef word.
Daar word gewoonlik meer gekyk na dollar-gedenomineerde skuld as skuld in die betrokke land se plaaslike geldeenheid. Die rede hiervoor is soos volg:
- ’n Land kan belastings verhoog om meer plaaslike gedenomineerde skuld te delg.
- Daar kan ook geld gedruk word om plaaslike gedenomineerde skuld te verminder.
Beide bostaande aksies kan lei tot ’n verdere verswakking van die plaaslike geldeenheid, wat beteken dat dollar-gedenomineerde skuld in elk geval toeneem.
As beginpunt kan daar gekyk na die “CDS spread” van die BRICS-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika). Die onderstaande Bloomberg Finance L.P.-grafieke het 3 asse:
• Voor = Datum (Wit)
• Regs = “CDS spread” (Geel lyn)
• Regs = Lewensduur (“Tenor”) van die staatseffekte (Lig blou lyn)
Brasilië: 347 basispunte. Die land se staatskuld het reeds rommelstatus bereik.
Rusland: 291 basispunte. Die land se staatskuld het ook reeds rommelstatus bereik.
Suid-Afrika (319 bps) val tussen Brasilië (347 bps) en Rusland (291 bps) se syfers.
Beide laasgenoemde lande het reeds rommelstatus bereik volgens Moody’s, en die afleiding kan gemaak word dat ’n afgradering na rommelstatus vir Suid-Afrika dus reeds verdiskonteer word.
Verder het die mediumtermynbegroting wat verlede week bekend gemaak is, nie die markte beïndruk nie. Meer spesifiek, inkomstes blyk minder as verwag te wees, en die vermindering van uitgawes blyk marginaal te wees.
As ’n laaste punt, die onderstaande grafiek wys dat fondse sedert 2011 tot die einde van 2015 uit Suid-Afrika gevloei het. Die tendens is voortgesit in 2016.
Wat sal gebeur as rommelstatus bereik word?
Instansies wie se mandaat bepaal dat hulle nie in lande mag belê wie se kredietgradering rommelstatus bereik het nie, sal genoodsaak word om hulle laaste fondse uit Suid-Afrika te onttrek. Dit sal natuurlik uiteraard lei tot ’n vinnige verswakking van die rand. Die vraag is natuurlik wat die grootte van so ’n verswakking mag wees. Niemand is seker nie, dit kan sellfs ’n verswakking van R2.00 tot R3.00 teenoor die dollar beteken.
Hierna mag spekulante natuurlik moontlik na vore tree en rande koop omdat die geldeenheid ondverwaardeer mag wees.
- Edwin Smit is ’n portefeulje bestuurder by BVG Financial Solutions, ’n Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer van die FSB (FSP 39889), en ook ’n geregistreerde JSE-handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 of edwin.smit@bvg.net. Lesers is welkom om hom te kontak om in te teken vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemarkoggendverslae. BVG werk, onder meer, in assosiasie met Momentum SP Reid Securities.