Dit is altyd vir my diep gerusstellend dat daar soveel mense is wat aansienlik beter as ek is in soveel aspekte van die lewe.
Neem die verbysterende verskeidenheid dinge wat kan verkeerd loop met enige oes. Die vlak van risikobestuur wat dit verg, sit nie in elke ou se broek nie.
Wat miskien in nóg minder ouens se broek sit, is die bewonderenswaardige kundigheid wat dit verg om kleiner familieplase se somme te laat klop.