Die bitter onredelikheid om weer vanjaar die angswekkende werklikheid te moet beleef van ’n veldbrand wat buite beheer woed. Dit is werklik een van die landbou se heel slegste ervarings. As plaasseun van die Noordoos-Kaap se grasvelde en diep klowe onthou ek brandseisoen op die plaas net met trauma.
En dan die diep verligting wanneer die reën uiteindelik kom. Vuur is nie iets waarmee jy ligtelik omgaan nie — dit is is dodelik en verwoestend. Maar nie almal sien dit só nie. Die rede vir die brande vanjaar is dieselfde as laasjaar — brandstigting. Een van die verfoeilikste dinge om aan boere te doen.
Die onvergeeflikheid daarvan om moedswillig veld aan die brand te steek met die wind van agter. ’n Suiwerder vorm van verraderlike ekonomiese sabotasie gaan ’n mens kwalik kry, en dit behoort bitter swaar gestraf te word.