(John Deere se winkel het blykbaar binne twee dae meer as dubbel soveel besigheid gedoen as in die hele week laas jaar.) Dit was eerder ’n onderliggende optimisme. Iets wat verder gestrek het as bloot die betreklik goeie tye waarin die graanbedryf homself bevind (met nou weer ’n mooi planttyd-wegspring in die winterreënstreke.)
In gesprekke was dit amper asof daar ’n onbewustelike verligting was dat Suid-Afrika nog kan steun op die uitnemendheid wat die oesdag verteenwoordig. ’n Baken van uitnemendheid, hoop en dissipline in ’n see van verval, agteruitgang en ongeërgdheid.
Op Nampo is dit duidelik dat die land ’n landboubedryf van wêreldgehalte het. En met min of meer die helfte van wat ons boere produseer wat deesdae uitgevoer word, beaam die syfers dit ook. Ons landboumense is van die heel beste ter wêreld.