Die moderne wapentuig waarmee die Weste die Oekraïnse magte uitgerus het en die patriotiese ywer van die verdedigers, was in die meeste gevalle net te veel vir die swak opgeleide en toegeruste, en ongemotiveerde, Russiese magte.
Dit is toe dat die diktator Poetin besluit om Oekraïne se burgerlike infrastruktuur te teiken. Veral die land se elektrisiteitsinfrastruktuur kom onder hewige skoot, en vir ’n hele tyd was die krag af in Kiev.
Dit het my laat dink aan Suid-Afrika en hoe ons elektrisiteitsvoorsiening ook onder vyandige beleg is. Maar in dié geval is dit nie ’n aggressiewe moondheid se grofgeskut wat dit uitmekaar ruk nie, dit is sommer onsself.