In byna alle kategorieë het misdaad op ’n kwartaalgrondslag gestyg. ’n Droewige prentjie van absolute mislukking.
Ja, jy kan die bedanking van minister Bheki Cele eis (en die man móét gaan), maar ons weet almal dit gaan ons net tydelik laat beter voel. Die werklike probleme gaan bly — vrot leierskap en erg gebrekkige opleiding wat tot by die kleinste plattelandse polisiekantoor strek.
Soos altyd is daar uitsonderings. Individue in die polisie en die nasionale vervolgingsgesag wat plek-plek nog vertroue inboesem. Maar meestal voel dit of die fundamentele vertrouensverhouding tussen die polisie (en die regstelsel in die breë) en die gemeenskappe wat hy moet dien, eenvoudig gebreek is.