Dat ons nog steeds praat van “our people” met die bedoeling om ander uit te sluit. Dat dit alles net ’n goedkoop politieke truuk geword het om allerhande misdrywe te verdoesel.
Pleks daarvan dat ons die kans gegun word om ons land se heel bestes te gebruik om ons aansienlike probleme te pak, moet ons toekyk hoe die besluite oor waar ons geld bestee word, geneem word deur mense met min praktiese ervaring van enigiets.
Een van die min plekke waar ons die euwel oënskynlik ontduik, is met ons Springbokrugbyspan. ’n Praktiese voorbeeld van hoe maklik dit is vir almal om goeie resultate te aanvaar.