’n Bietjie soos die landboumeesterplan, dink ek die ander dag toe ek in een van Suid-Afrika se voorste sakepublikasies lees hoe die plan veronderstel is om ’n “hardnekkige sektor te transformeer”. Dít nou van ’n publikasie wat gewoonlik heel sinvolle kommentaar en goeie insigte lewer.
Die feit van die saak is onder die huidige omstandighede, waar die prys en beskikbaarheid van kos wêreldwyd kommer wek, behoort ons as land diep dankbaar te wees vir ons landbousektor van wêreldgehalte wat genoeg kos vir ’n snelgroeiende stedelike bevolking kan verbou en Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van kos hou.
As dinge kwaai druk, sal ons miskien mieliepap pleks van brood moet eet, maar ten minste sal daar kos wees om te eet! Net ’n welvarende, internasionaal mededingende landbousektor bied in elk geval enigiets om sinvol te transformeer.