Dít ondanks ’n lang lys enorme, en by tye byna onoorkombare, struikelblokke: beurtkrag, swak paaie en spoorweë, sukkelende hawens, ongekende vloede, ’n rits handelsversperrings . . . Wat die prestasie nog uitsonderliker maak, is dat sitrus, Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerproduk, eintlik kwaai pakslae gekry het.
Daar is waardegewys 22% minder uitgevoer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, maar dit bly steeds die land se waardevolste landbou-uitvoerproduk.
As dit nie vir die verbete terugvegpogings en oneindige planmaak van veral die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, asook die wyer bedryf en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling was nie, sou die prentjie veel donkerder daar uitgesien het.