Eskom gooi ongelukkig ’n redelike skaduwee oor enige optimistiese vooruitsigte wat jy vir 2023 oor die feestyd opgebou het! Laas jaar het Suid-Afrika die ergste beurtkrag nóg ervaar. ’n Verlammende 3 300 uur van geen krag teen gemiddeld fase 2. Akkumulatief is dit 138 dae sonder krag.
Jy het met beurtkrag gaan slaap, en daarmee wakker geword. Dit is taai omstandighede om enige besigheid wat enigsins afhanklik is van krag, sinvol te bedryf.
Melkerye, pakhuise, vleisverwerking, besproeiing — reg deur die bank tref dit swaar. En die diesel vir kragopwekkers is eenvoudig ook nie ’n volhoubare oplossing op lang termyn nie.