In taxi’s, busse, bakkies, karre en vliegtuie pak my familie saam met derduisende ander Oos-Kapenaars die pelgrimstog aan terug nou ons tuisdorpies. Myne is Indwe in die Noordoos-Kaap.
Teen die hange van die suidelike Drakensberg, ’n katspoegie van die ou Transkei af. Tewens, ons ou plase is in die 1980’s onteien juis vir dié voormalige tuisland.
My pa kon grond in die distrik koop, en deesdae sien ons die berge van ons ou plaas nog in die verte van ons stoep. Intussen het die ou Transkei ons weer bekruip.