Miskien is dit hoe om bale vinniger te laai, water verder te pomp of kunsmis beter te gebruik. Weke lank ontwyk ’n oplossing jou. Dan skielik, gewoonlik in ’n rustige oomblik, kom dit na jou. Miskien een middag terwyl jy in die warm sonnetjie in die bakkie sit en wag vir werkers.
So duidelik soos daglig en gewoonlik veel eenvoudiger as wat jy gedink het. En as daar één ding is wat ons boere kan doen, is dit oplossings vind. Gaan kyk ’n bietjie na die twee verstommende grafieke wat prof. Johan Willemse vandeesweek in sy rubriek gebruik.
Van ál die ekonomiese sektore in Suid-Afrika was die landbou se reële groei in produksiewaarde in 2022 teenoor 2018 verreweg die beste van die hele ekonomie. Dit vertel ’n bitter mooi storie.