Dié raakvat sêding van hoe enige punt bewys kan word deur statistieke selektief aan te wend of ’n bietjie te buig. Die Amerikaanse skrywer en grapmaker van Tom Sawyer-faam, Mark Twain, was lief om die sêding in te span, maar hyself het die kwinkslag aan die Britse eerste minister Benjamin Disraeli toegeskryf.
Hoe dit ook al sy, dit is ’n waarneming wat die probleem met die gebruik van statistieke in die bekamping van plaasaanvalle hier in Suid-Afrika nou al jare lank illustreer.
Oor die jare het TLU SA ongelooflik waardevolle werk gedoen om statistieke van plaasaanvalle met groot moeite by te hou. Data wat dan darem ook met die gebrekkige pogings van die polisie vergelyk kan word. Maar waar ons nog regtig sukkel, is om die beskikbare data te kry om vir ons ’n duidelike prentjie te skets.