Die meeste produktiewe Suid-Afrikaners is verby die punt waar hulle nog enige nut sien om die regering te kritiseer. Hulle emigreer stil-stil, of hulle pak hul dagtaak aan met die ywer wat net kan kom van die wete dat ’n geklaery dít wat reeds moeilik is, net moeiliker gaan maak.
Besaai soos dit met allerhande onnodige struikelblokke is. Gewone mense wat elke dag as onbesonge helde en heldinne die wiele van die ekonomie aan die draai hou.
Vir die meeste van ons is dit teen dié tyd redelik duidelik die staat kan eintlik baie min doen, ondanks die beste pogings van al die goeie mense wat nog probeer om die staat se ratte aan die knars te hou.