Juis omdat dit so baie in so min woorde opsom. Want is dit nie maar ’n groot deel van boere se werk nie? Om noukeurige aandag te gee aan wat om hulle gebeur.
Om só probleme te systap, en nuwe, beter maniere van doen te kry? In ons land moet ’n mens jouself maar eerlik en terdeë van die omstandighede vergewis, maak nie saak hoe ongemaklik dit ook al mag wees nie.
In hierdie uitgawe skep Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, nogal heelwat ongemaklikheid. Boere moet maar selfvoorsienend raak, is sy raad, en eerder hulself begin vergewis van die voordele wat daar in die toekoms sal wees om krag aan die netwerk terug te verkoop.