Gedetailleerde reënvalmetings, opmerkings oor die vordering met die koeie en werkverrigting van die bulle, en alles wat daardie dag gedoen is. Tussen die alledaagse deur is ook ’n paar ongeërgde opmerkings oor van die grensverskuiwendse gebeure van die twintigste eeu.
Hoe sy pa die eerste kar op Indwe gehad het in die dae toe daar nog net met osse geploeg is. Die eerste vliegtuig wat op die dorp gesien is nadat dit op die gholfbaan se eerste putjie geland het.
Die Tweede Wêreldoorlog (waarin sy broer in die woestyn baklei het), die maanlanding waarna op die radio geluister is en die einde van apartheid wat op TV gevolg is. Alles nougeset neergeskryf in ’n stapel swart dagboeke wat deesdae by my oom op Bedford blyplek gevind het.