Insetpryse het die afgelope paar maande merkwaardige stygings getoon. Saam met die stygings het covid-19 wêreldwyd ook logistieke probleme veroorsaak.
Dit het onder meer die wagtydperk van insetinvoer verleng. As na insetpryse gekyk word, is ’n mens verstom om te sien dat die meeste kunsmisinsetgrondstowwe op geskiedkundige rekordvlakke in randwaarde is.
Grafiek 1 toon aan hoe internasionale kunsmispryse in dollarwaarde op lang termyn beweeg het. Uit die grafiek is dit duidelik dat internasionale pryse in dollarwaarde in die verlede al heelwat hoër was. Uit dié grafiek is dit ook duidelik dat die waarde van die rand mettertyd uitermatig verswak het.