Die wetenskaplike Willard W. Cochrane het al in die 1950’s die landboutrapmeul verduidelik. Dié teorie beskryf hoe tegnologiese vooruitgang produktiwiteit en wins tot voordeel van vooruitstrewende boere skep, maar waar die gevolg ook groter aanbod is, dalende pryse, ekonomiese probleme vir agtergeblewe boere en dus die behoefte aan nuwe prestasies in tegnologie.
Wat die trapmeul in Suid-Afrika nog meer relevant maak, is die stygende kosteknyptang. Die langtermynteenvoeter vir die knyptang bly die styging in opbrengste en doeltreffendheid van stelsels.
Dit het natuurlik tot gevolg dat die aanbod in Suid-Afrika bly styg en ons meer vraag benodig vir die produksie.